Genoeg vir 20 tot 24 mense.
Bestanddele:
Die koek:
- 300 g suiker
- 1 teelepel (5 ml) vanieljegeursel
- 5 eiers, geskei
- 3/4 koppie (180 ml) olie
- 3/4 koppie (180 ml) water
- 250 g koekmeel
- 1 eetlepel (15 ml) bakpoeier
- 4 eetlepels kakao
- ¼ teelepel (1 ml) sout
Die stroop:
- 1½ koppie (375 ml) water
- 300 g suiker
- 3 eetlepels (45 ml) koffiepoeier
- 1 teelepel (5 ml) vanielegeursel
Die versiersel:
- 1 koppie (250 ml) vars room
- 1x 360 g blik karamelkondensmelk
- 1x 32 g Flake-sjokolade
- ‘n paar rooi kersies, gehalveer
Metode:
Om die koek te maak:
- Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ‘n standaard reghoekig oondpan.
- Klits die suiker, vanieljegeursel en eiergele saam. Voeg die olie en water by die eiermengsel en klits goed.
- In ‘n ander bak, sif die meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en klits tot goed gemeng.
- Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou in die meel-en-eiermengsel in.
- Giet die deeg in die oondpan en bak vir 20 tot 25 minute, of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
- Maak die stroop 5 minute voor die einde van die baktyd.
Om die stroop te maak:
- Verhit al die stroop se bestanddele in ‘n kastrol oor medium hitte.
- Sodra die suiker en koffie opgelos en die stroop heeltemal verhit is, haal dit van die stoof af en giet dit dadelik oor die warm koek.
- Sit die koek eenkant om af te koel voor jy dit versigtig op ‘n draadrak uitkeer.
Om die versiersel te maak:
- Klop die room tot dit stywe pieke vorm en voeg dan die karamel by. Meng dit goed.
- Smeer die versiersel oor die koek.
- Sny in vierkante en sit ‘n kersie op elke skyf.
- Krummel ‘n Flake-sjokolade oor die versiersel.
Bron:
Bak met Josh – resepte en speletjies vir kinders deur Josh Thirion. Die ‘Miljoenêr in wording’ sjokoladekoek is dié jong sjef se gunsteling resep uit sy tweede kookboek.
Die resepteboek kan by www.randomstruik.co.za bestel word.