Suzelle DIY het so pas ʼn video vrygestel wat jou wys hoe om ʼn maklike dog kreatiewe hasie-koek te versier. Hierdie metode is so maklik, selfs ʼn beginner sal dié koek kan maak.
Of jy dit vir die Paasnaweek wil voorberei, of sommer vir die kleinspan se verjaardag, hierdie metode is ʼn móét.
Bestanddele:
Al wat jy benodig, is die volgende:
- 15 kolwyntjies, of soos jy goeddink (ʼn geur van jou keuse)
- Genoeg versiersuiker om die kolwyntjies te kan versier (ʼn geur van jou keuse)
- Verskeidenheid lekkers
Metode:
- Maak ʼn gaatjie in elke kolwyntjie met die voorkant van ʼn versierbuis, maar hou die stukkie wat jy uit die kolwyntjie haal.
- Sit ʼn paar lekkers in die gaatjie en maak weer die gaatjie toe.
- Pak die kolwyntjies in die vorm van ʼn hasie se gesig.
- Smeer die versiersuiker oor die kolwyntjies sodat elke kolwyntjie deeglik toegesmeer is en een struktuur gevorm word.
- Gebruik oorblywende lekkers om die hasie se gesig te vorm.
- Daar is nie ʼn verkeerde manier om jou hasie te maak nie, wees kreatief en geniet die bak!
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.