Hierdie resep is perfek vir die langnaweek – so ietsie soets gaan mos goed saam met kuier en rus!
Lewer 24 porsies
Bestanddele:
Kors
- 200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies
- knippie fyn kaneel
- 90 g botter, gesmelt
Vulsel
- 250 g botter
- 250 ml growwe grondboontjiebotter
- 625 ml versiersuiker, gesif
- 625 ml Rice Krispies
Bolaag
- 200 g witsjokolade
- 45 ml gladde grondboontjiebotter
Metode:
- Voer ʼn bak van 30 cm x 20 cm met bakpapier uit.
- Kors: Maak die koekies fyn en voeg die kaneel en botter by. Druk dit op die bodem van die bak vas.
- Vulsel: Smelt die botter in ʼn kastrol en roer die grondboontjiebotter by tot gesmelt. Verwyder dit van die hitte.
- Voeg die versiersuiker by die grondboontjiebottermengsel en meng dit goed.
- Roer die Rice Krispies by en meng weer goed.
- Skep dit op die kors en maak dit gelyk bo-op. Verkoel dit 2 uur lank.
- Bolaag: Smelt die sjokolade in die boonste deel van ʼn dubbelkastrol of in die mikrogolfoond teen 70% krag. Roer die grondboontjiebotter by en meng goed. Skep die bolaag oor die vulsel en laat dit stol.
- Sny dit in blokkies van ongeveer 3,5 cm x 3,5 cm en bêre in ʼn lugdigte houer in die yskas.
Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik in Vrouekeur: 50 Gesinsresepte 1, Marlo Carstens.