Soorte resepte:

Varkworsies in ‘n pikante sous

6 Porsies

500g Varkworsies
15 ml (1 e) botter
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, onput en gekap
10 ml (2 t) matige kerriepoeier
2,5 ml (½ t) paprika
15 ml (1 e) koekmeel
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
30 ml (2 e) appelasyn
10 ml (2 t) suiker
1 x 440 g-blik pynappelstukkies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

1. Braai die varkworsies volgens die aanwysings op die verpakking en sny dit in skyfies.
2. Verhit die botter in ‘n braaipan en soteer die ui en soetrissie vir ‘n paar minute. Roer die kerriepoeier en paprika by en soteer nog ‘n paar minute.
3. Roer die meel by en roer dan die aftreksel geleidelik by om ‘n sous te vorm.
4. Voeg die asyn, suiker en pynappelstukkies met die vloeistof by en prut vir ‘n paar minute tot die sous verdik.
5. Roer die worsie by, verhit dit tot deurwarm en geur na smaak. Sit dit voor op kapokaartappels, pasta of rys.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae