Bestanddele:
- 2½ tot 3 kg ontbeende skaapboud
- Braaivleis spesery (opsioneel)
- ½ tot 1 koppie room
- Sout en peper na smaak
- Fyn appelkoosknfyt verdun met asyn
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite.
- Smeer konfy oor boud binne en buite.
- Bind vas met tou.
- Plaas op foelie met die blink kant na binne, gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie.
- Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure, toets en sit voor.
Bron:
Onthou jy nog? ‘n versameling resepte wat deur Anna Eksteen saamgestel is. Die resepteboek kan bestel word deur Anna by 082 294 6799 te skakel.
En as mens bloukaas meng met die room en baie uie in die pan gooi, eet jy alleen die hele skaapboud op!!
Dagsê Deon
Klik gerus regs bo in jou webblaaier (“browser”) op die opsiesknoppie (drie horisontale strepies in Chrome en Firefox; of ‘n ratjie in Internet Explorer). Op daardie lysie sal jy die opsie kry om die dokument te druk.
Laat weet asseblief as jy nie regkom nie.
Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
En natuurlik moet hy volgepak wees met aartappels. Ja, jy sal eet.