SA’ners skop stof op in Epic

Die span van Candice Lill en Amy Wakefield het die eerste skof van die Cape Epic gewen. Foto: Twitter.

Twee Suid-Afrikaanse vrouedeelnemers, Amy Wakefield en Candice Lill, het die eerste skof van die Absa Cape Epic in Hermanus gewen.

Die twee bergfietsryers het die 98 km in ʼn tyd van 04:57:46 gewen; ʼn paar minute voor Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash in die tweede plek.

Kim le Court, wat die Kaapstad-fietstoer op haar padfiets gewen het, het derde saam met Namibië se Vera Looser by die eindpunt aangekom.

In die mansafdeling het die Wilier Pirelli Factory-span van Fabian Rabensteiner en Wout Alleman die septer geswaai, gevolg deur Nino Schurter en Andri Frischknecht.

Philip Buys het die beste onder die Suid-Afrikaanse mans gevaar. Die Durban-boorling en sy Namibiese spanmaat, Alexander Miller, was sesde by die eindpunt.

Die tweede skof sal ook in die Hermanus-omgewing beslis word. Deelnemers sal 116 km moet kafdraf, terwyl ʼn klimgedeelte van 1 850 m verwag word.

  • Uitslae:

Mans:

  1. Fabian Rabensteiner en Wout Alleman (Wilier Pirelli Factory): 4:01:44
  2. Nino Schurter en Andri Frischknecht (Scott-Sram MTB Racing): 4:01:46
  3. Georg Egger en Lukas Baum (Orbea X Leatt X Speed Company): 04:02:05

Vroue:

  1. Amy Wakefield en Candice Lill (e-Fort.net: SeattleCoffeeCo): 04:57:46
  2. Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash (NinetyOne Songo Specialized): 05:03:41
  3. Kim le Court en Vera Looser (Efficient Infiniti Insure): 05:08:55.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.