Tennis se groot kanonne slaags in Rome

Novak Djokovic. (Foto: Twitter.)

Novak Djokovic tel onder die topgekeurde spelers wat vandag met hul Italiaanse Ope-veldtogte in Rome begin.

Die 35-jarige Serwiër sal met Tomas Etcheverry van Argentinië rakette kruis en hy sal poog om nóg ʼn titel in die Italiaanse hoofstad in te oes.

Benewens sy ses titels is Djokovic ook nog nooit vóór die kwarteindstryd-ronde van die toernooi uitgeskakel nie en ná ʼn teleurstellende vertoning op die kleibane van Monte-Carlo sal hy oorgehaal wees om so gou moontlik sy stempel in Rome af te druk.

Hy het egter erken dat dit vir hom langer neem om aan die spoed van ʼn kleibaan gewoond te raak.

“As ʼn mens van aanpassingswerk praat, verg dit meer oefen- en baansessies vir my om ʼn kleibaan baas te raak. Ander spelers voel weer so oor grasbaanoppervlakke, maar ek moet beslis meer tyd aan ʼn kleibaan afstaan,” het Djokovic gesê.

In die vroue-afdeling sal spelers soos Iga Swiatek en Maria Sakkari ook vandag in Rome afslaan.

Vandag se bepalings:

Maria Sakkari teen Barbora Strycova

Iga Swiatek teen Anastasia Pavlyuchenkova

Ons Jabeur teen Paula Badosa

Elena Rybakina teen Jasmine Paolini

Felix Auger-Aliassime teen Alexei Popyrin

Cameron Norrie teen Alexandre Muller

Jannik Sinner teen Thanasi Kokkinakis

Stan Wawrinka teen Grigor Dimitrov

Holger Rune teen Arthur Fils

Casper Ruud teen Arthur Rinderknech

Novak Djokovic teen Tomas Etcheverry

Uitslae:

Matteo Arnaldi klop Diego Schwartzman met 6-1, 4-6 en 6-3

Nuno Borges klop Dusan Lajovic met 6-4 en 6-1

Lorenzo Sonego klop Jeremy Chardy met 6-2 en 6-1

Albert Ramos-Vinolas klop Francesco Passaro met 4-6, 6-1 en 6-4

Marco Cecchinato klop Mackenzie McDonald met 6-3 en 7-5

Caroline Garcia klop Ana Bogdan met 6-4, 3-6 en 7-5

Sofia Kenin klop Aryna Sabalenka met 7-6 en 6-2

Beatriz Haddad Maia klop Elena-Gabriela Ruse met 6-2 en 6-3

Taylor Townsend klop Jessica Pegula met 6-2, 3-6 en 6-3

Coco Gauff klop Yulia Putintseva met 6-0 en 6-1

Victoria Azarenka klop Sloane Stephens met 6-4 en 6-3

Anna Bondar klop Karolina Pliskova met 7-6 en 6-2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.