Gholf: Grace kook in Oklahoma

Suid-Afrika se Branden Grace. Foto: Vachira Vachira/NurPhoto via AFP.

Die dag wanneer Suid-Afrika se Branden Grace warm blaas is, is dié Buffelsbaaier vuurwarm soos Vrydagaand in Oklahoma in die eerste ronde van die LIV-gholftoernooi wat by die Cedar Ridge-buiteklub beslis word.

Grace, wat reeds met die laagste telling ín ʼn major spog nadat hy 62 houe in die Britse Ope by Royal Birkdale in 2017 aangeteken het, spog nou ook met die rekord vir die laagste telling in die LIV-reeks.

Grace het die vorige laagste telling van 62 houe, wat deur ses spelers houe gehou is, met een hou laat spat.

Om alles kroon, het dit die vonk by sy Suid-Afrikaanse spanmaats Louis Oosthuizen (65) en Dean Burmester (67) aangesteek en is die Suid-Afrikaanse Stinger-span met ses houe voor (-17).

As hulle kan vasbyt, beteken dit verdere miljoene vir hul reeds bultende beursies.

Grace is twee houe voor Dustin Johnson en Branden Steele, wat albei 64 houe aangeteken het.

* In die Amerikaanse PGA-reeks se Byron Nelson-toernooi wat by TPC Craig Ranch in Texas beslis word, het die Amerikaner Scottie Scheffler die voortou geneem nadat hy die tweede ronde ook in 64 houe voltooi het om op 128 houe (-14) te eindig.

Scheffler is een hou voor sy landgenoot Ryan Palmer en Mackenzie Hughes van Kanada, wat albei op 129, -13 klaargemaak het.

Die Koreaan Si-Woo Kim is op 131 (-11) in die derde posisie met Richy Werensky van Amerika op 132 (-10). Agt spelers, waaronder Australië se Jason Day en die Japanner Hideki Matsuyama is saam sesde op 133 (-9).

Suid-Afrika se Garrick Higgo en Christiaan Bezuidenhout (135, -5) het net-net die afsnypunt vir die laaste twee rondes behaal.

* In die Europese reeks se Soudal-Ope wat by die Rinkven-buiteklub in Antwerpen beslis word, loop Simon Forsstroem van Swede op 131 houe (-11) met een hou voor ná die tweede ronde.

Forsstroem word op 132 gevolg deur Jeong-Wo Ko (Frankryk) wat op 132 (-10) geëindig het, met die Belg Tomas Detry op 133 gevolg deur die Fransman Julien Brun, Jens Dantorp van Swede en James Morrisson van Engeland op 134 (-8).

Suid-Afrika se Wilco Nienaber is op 136 (-6) met Thomas Aiken en Hennie du Plessis (albei 138, -4) en Zander Lombard op 139 (-3) wat vir die laaste twee rondes gekwalifiseer het.

* In die Amerikaanse LPGA-reeks se Founders Cup wat by die Upper Montclair-buiteklub in Manhattan gespeel word, loop Jin-Young Ko van Korea en Sarah Kemp van Australië saam voor op 136 (-8) ná die tweede ronde.

Hulle word gevolg deur Hae-Ran Ryu (Korea), Min-Jee Lee van Australië en Aditi Ashok van Indië, wat almal saam op 137 (-7) geëindig het.

Suid-Afrika se Ashleigh Buhai is op -4 in die gesamentlike 13de posisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.