Gholf: Terugslag vir status van SA toernooie

gholf-gras-bal-pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: HeungSoon/Pixabay)

Die Joburg-ope was die laaste toernooi op die DP World Tour (voorheen die Europese gholfreeks) vir vanjaar weens die impak van die Omikron-koronavirus. Die toernooi was die eerste van drie toernooie wat die nuwe seisoen afskop – al drie in Suid-Afrika.

Die SA Ope sal nou volgende week op die Gary Player-baan by Sun City net Sonskynreeks-status hê en die prysgeld is ook verminder. Die  Alfred Dunhill-kampioenskap, wat van 9-12 Desember by Leopard Creek sou plaasvind, is afgelas weens reisbeperkings wat ingestel is na aanleiding van die identifisering van Omikron.

Die volgende toernooi op die DP World Tour is die HSBC-kampioenskap in Abu Dhabi van 20 tot 23 Januarie. Die toer is veronderstel om weer in die middel van Maart volgende jaar in Suid-Afrika ʼn draai te maak vir toernooie by Pecanwood en Steyn City.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.