Sonskynreeks: Ritchie onstuitbaar in Durban

JC Ritchie (Foto: Sunshine Tour/Facebook)

Wanneer ʼn gholfspeler momentum het, is daar bitter min wat hom gaan keer.

JC Ritchie het verlede week die Kaapstad-Ope op Royal Cape gewen en nou loop hy met ʼn ongelooflike tien houe voor ná die derde ronde van die Jonsson Workwear-toernooi wat by die Durban-buiteklub gespeel word en deel van die Sonskynreeks is.

Hy het op pad na sy 189 houe (-25) oor drie rondes die rekord in die Challenger-reeks laat spat. Die vorige rekord oor drie rondes was 23 houe onder die baansyfer, wat Kristoffer Broberg in 2012 in die Rolextrofee-toernooi opgestel het.

Ritchie het die derde ronde in 65 houe voltooi nadat hy 61 (op sy verjaarsdag) en 63 houe in die eerste twee rondes aangeteken het. Hy is 10 houe voor die Noord-Ier Tom McKibbin (199), gevolg deur Nicolai Kristensen (Denemarke), Adam Blomme (Swede) en Christopher Mivis (België) almal op 200.

As Ritchie Sondag se laaste ronde in drie houe minder as die baansyfer voltooi, sal hy Louis Oosthuizen se rekordtelling van 260 houe (-28) in die Sonskynreeks (Telkom PGA in 2008) ewenaar.

* In Florida loop die Amerikaner Daniel Berger (130, -10) met 3 houe voor ná die tweede ronde van die Honda Classic.

Hy word gevolg deur nog twee Amerikaners, Chris Kirk en Kurt Kitayama op 133.

Suid-Afrika se Dylan Frittelli is op 138, met Oosthuizen, Garrick Higgo en Christiaan Bezuidenhout almal op 140.

Daar is geen toernooi dié naweek in die Europese reeks nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.