Die Suid-Afrikaanse span was ná 11 minute van die wedstryd reeds 0-3 agter. Maar hulle het verbete teruggeveg, die Engelse span goed in toom gehou en in die 56ste minuut die voorsprong van Engeland na 3-2 laat krimp.
Matthew de Sousa het in die 13de minuut Suid-Afrika se eerste doel aangeteken en Ryan Crowe het in die 56ste minuut ook met ʼn doel geslaag om die telling 2-3 te maak.
Met net agt minute speeltyd oor was Suid-Afrika nog sterk in die prentjie. Maar Engeland het in die 62ste minuut hul vierde doel aangeteken en die wedstryd 4-2 beklink.
Suid-Afrika speel Saterdag teen Kanada terwyl Engeland en Indië sake vir die waarskynlike eerste plek in groep D sal uitspook. Suid-Afrika speel Maandag teen die gasheerland Indië.
♦ Die junior vrouehokkiereeks in die Wêreldbekertoernooi wat verlede maand in Santiago, Chili, gespeel is, was ʼn teleurstelling vir Suid-Afrika. Die span het 14de uit 16 lande geëindig.
Nogal verloorsiekte want (Wenmentaliteit) ontbreek by meeste van ons sport.