Hurricanes bring Lions terug aarde toe

Aphiwe Dyantyi (Foto: GB Jordaan)

Nadat die Lions verlede naweek die Stormers in Johannesburg verwoes het, het die Hurricanes hulle vandag op Emirates Airline Park verrinneweer.

Die Nieu-Seelanders het uiteindelik vyf drieë teen die twee van die tuisspan gedruik en het veral in die tweede helfte die septer geswaai. Die telling was 17-37 vir die Hurricanes.

TJ Perenara se span het die puntebal aan die rol gesit toe Ngani Laumape soos ’n mes deur die Lions se botterverdediging geglip het.

Die tuisspan het egter onmiddellik met ’n drie van hul eie geantwoord toe die blitsige Aphiwe Dyantyi die eerste van sy twee drieë gedruk het.

Die rustydtelling was 10 elk en die tafel was gedek vir ’n opwindende tweede helfte. Maar, soos wat Nieu-Seelandse spanne dikwels doen, het die Hurricanes net eenvoudig na ’n hoër rat oorgeskakel. Ben Lam en Dane Coles het elk twee drieë gedruk, terwyl Jordie Barrett met sy skopvoet ook gesorg het dat die ’Canes hul momentum op die telbord behou.

Die Lions het moedig probeer, maar die besoekers was doodeenvoudig net beter vandag.

Natuurlik was daar weer ’n tikkie televisie-skeidsregterdrama gewees, toe Boeboes Coetzee se drie in die tweede helfte nie toegeken was nie, omdat daar obstruksie in die voorafgaande bewegings was. Was dié drie geldig, kon dinge dalk anders uitgedraai het.

Die Lions speel volgende naweek in hul finale groepwedstryd teen die Bulls; ’n wedstryd wat hulle moet wen om hul uitspeeldroom lewendig te hou.

  • Puntemakers:

Lions: Drieë: Aphiwe Dyantyi (2). Doelskoppe: Shaun Reynolds (2). Strafskop: Reynolds.

Hurricanes: Drieë: Ngani Laumape, Ben Lam (2), Dane Coles (2). Doelskoppe: Jordie Barrett (3). Strafskoppe: Barrett (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gatvol ·

Kry asb n verdedigings afrigter wat sy sout werd is.Los die vlinderspeletjies en speel doelgerigte rugby. Myn insiens is daar te veel afrigters onder die spelers.

Albert ·

Stem maar Peyper en sybkollegas het n drie ook toegeken waar duidelik n dubbel beweging was. Peyer het nog saam met Seconds verder die Leeus verneuk

Frans C ·

Twee foute kos Lions 14 punte en gee besoekers soos teen Sharks twee pasella drieë.
Marvin Orie verbrou ‘n afskop en Lam gaan druk verspot maklik.Jantjies verbrou strafskop en in teenaanval gaan druk Hurricanes. Jantjies sal sy ontmoeting met Ardie Savea nie gou vergeet nie.
Trek die punte af en voeg die nie toegestane drie by en jy sal sien dat die wedstryd meer gelykop was as wat die telling aandui.Die besering van Smith het die afbreekpunte feitlik aan die Hurricanes oorgelaat.
Ek dink die skeidsregter en sy assistente het die Hurricanes mi met moord laat wegkom.
Daar was drie blantante hoogvatte, terwyl hy met die Hurricanes nie gestraf het met die
Lions naby die doellyn op die aanval die nommer 4 slot toegelaat het om vakansie te hou
en die bal so te vertraag dat daar niks van gekom het nie.

Skeidsregters laat mi ook te veel toe dat spelers aan die kraag of ander truidele grond toegeslinger word.Rugby is tog ‘n spel van laagvatte en nie judogooie nie.Wat vir my op hierdie sondag pateties is,is om Kolla se patetiese kommentaar te lees,veral as omdat hy ‘n ondersteuner van ‘n span is wat sukkel om die swakste span onder die knie te kry op hul tuisveld nogal.
Om teen die no 2 span te verloor is inaggenome waar die Lions die seisoen begin het nie te sleg nie,hul oud afrigter se speler rowery inaggenome.

kolla ·

Nee wat, Lions was pateties. ‘n Mens verwag meer van ‘n span wat op sy tuisveld speel.

Lol ·

Peypers het al die vorige SA spanne voortrekkery reggestel met hierdie wedstryd. Lyk my hy werk aan sy populariteit oorsee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.