Lions verloor in Italië

Malakai Fekitoa druk sy drie teen die Lions. (Foto: X/Benetton)

Die Lions het hul derde nederlaag in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) gely toe Benetton die Johannesburgers met 15 – 10 op die Stadio Monigo geklop het.

Malakai Fekitoa het sy eerste drie vir die Italiaanse klubspan gedruk, terwyl Ignacio Mendy die uiteindelike wendrie vir Benetton gedruk het.

Jordan Hendrikse se strafskop, Asenathi Ntlabakanye se drie en Sanele Nohamba se doelskop het beteken dat die telling 10-elk in die tweede helfte was, maar Mendy se drie was die uiteindelike verskil tussen die twee spanne.

Die Lions het vroeër in die toernooi rakelings teen die Stormers (35 – 33) en Edinburgh (17 – 16) verloor en hulle beklee tans die 14de plek op die amptelike punteleer.

Die Bulls is tans die voorste Suid-Afrikaanse span in die derde plek, gevolg deur die Stormers in die vierde plek.

Die Sharks geniet tans houtlepelstatus ná drie wedstryde.

  • Punteleer:
  1. Connacht: 13 punte ná drie wedstryde
  2. Munster: 12 punte ná drie wedstryde
  3. Bulls: 11 punte ná drie wedstryde
  4. Stormers: 10 punte ná drie wedstryde
  5. Glasgow Warriors: 10 punte ná drie wedstryde
  6. Leinster: 10 punte ná drie wedstryde
  7. Ulster: 10 punte ná drie wedstryde
  8. Ospreys: 10 punte ná drie wedstryde
  9. Benetton: 10 punte ná drie wedstryde
  10. Edinburgh: 8 punte ná drie wedstryde
  11. Cardiff: 6 punte ná drie wedstryde
  12. Scarlets: 5 punte ná drie wedstryde
  13. Zebre: 5 punte ná drie wedstryde
  14. Lions: 4 punte ná drie wedstryde
  15. Dragons: 2 punte ná drie wedstryde
  16. Sharks: geen punte nie ná drie wedstryde

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Watsenaam ·

En net sodra Mnr. Van Rooyen en kie, die span op n wenpad het word hulle spelers deur ander provinsies gekaap. En begin die Leeus weer van voor-af. Snaaks wat geld kan vermag. Dit kan mense koop maar nie trots nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.