Ryan Kankowski se liesbesering lei daartoe dat die Goue Leeus Vrydag op Nuweland deur ʼn nuwe kaptein in die Curriebekerbotsing teen die Westelike Provinsie op die veld gelei sal word.
Die vaskopstut, Jacques van Rooyen, neem nie net Johannes Jonker se plek in die voorry in nie, maar voer die span aan, wat verskeie skuiwe toon van die een wat teen die Sharks opgedraf het.
Fabian Booysen is van flank in Kankowski se plek na agsteman geskuif, en die slot Robert Kruger sak in Booysen se plek aan die kant van die skrum, mits hy betyds van ʼn bronchitisaanval herstel.
Andries Ferreira vul die vakature wat op slot ontstaan.
Marco Jansen van Vuren behou sy plek op skrumskakel nadat hy Saterdag Dillon Smit vervang het, toe dié sy enkel gebreek het.
Harold Verster vervang Jacques Nel op buitesenter.
Dis sy (Verster) en Ferreira se eerste Curriebekerrugby vanjaar in die opdrafspan.
Die span –
15. Sylvian Mahuza, 14. Madosh Tambwe, 13. Harold Vorster, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Anthony Volmink, 10. Jaco van der Walt, 9. Marco Janse van Vuren, 8. Fabian Booysen, 7. Robert Kruger, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Andries Ferreira, 3. Jacques van Rooyen (kaptein), 2. Robbie Coetee, 1. Corné Fourie. Bank: 16. Michael Willemse, 17. Johannes Jonker, 18. Rhyno Herbst, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Jack Hart, 21. Siya Masuku, 22. Aphiwe Dyantyi.