SWD Arende wysig twee in opdrafspan

Rynhard van As, die SWD Arende se hoofafrigter, het twee veranderings aan die opdrafspan aangebring wat verlede week uitgesak het om met 8-15 teen die Bolandse Kavaliers te verloor.

Die span wat Vrydag op Nuweland teen die Westelike Provinsie speel, toon egter heelwat wisseling op die bank.

Die oud-Luiperdsspeler Adi Jacobs is terug op die linkervleuel in Justin Bhana se plek; en Thor Halvorsen, wat `n paar jaar lank sy rugby in Italië gespeel het, vervang Daniël Maree op agsteman.

Juandré Dique en Shadward Fillies skuif op die bank rond, en Ayyob Moerat, Christo du Plessis en Marlo Weich is nuut.

Die span –

15. Leighton Eksteen, 14. Charles Radebe, 13. Kirsten Heyns, 12. Johnny Welthagen, 11. Adi Jacobs, 10. Quaide Langeveldt, 9. Dillon Snel, 8. Thor Halvorsen, 7. Lodewyk Uys, 6. Janneman Stander (kaptein), 5. Cornell Hess. 4. Brendon Snyman. 3. Basil Short. 2. Jan van der Merwe, 1. Theunis Nieuwoudt. Bank: 16. Juandré Dique, 17. Ayyob Moerat, 18. Freginald Africa, 19. Christo du Plessis, 20. Shadward Fillies, 21. Wilneth Engelbrecht, 22. Marlo Weich.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.