SWD-liga: kampioen ly vierde nederlaag

SWD Arende - logoDie Suidwestelike Distrikte se kampioen, Evergreens van Pacaltsdorp, het Saterdag in die laaste rondomtaliewedstryd sy vierde nederlaag dié seisoen in die Premierliga gely.

Progress van George het hom 15-13 geklop, maar hy is só ver voor dat die uitslag nie sy eerste plek op die punteleer aantas nie.

Barbarians van Mosselbaai se wegholoorwinning van 64-3 oor Swellendam verseker dat hy tweede op die punteleer eindig en Progress derde.

Bridgton van Oudtshoorn het sy vierde plek bevestig deur die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Saasveld-kampus 37-26 te klop.

In die ander wedstryde Saterdag het Crusaders 27-22 teen Groot-Brakrivier gewen; en Silver Stars van George het Blanco 31-24 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.