Die fokus by die Amerikaanse Ope val op die halfeindwedstryde wat gister begin het.
- Vroue-enkelspel uitslae:
- Mansenkelspel se bepalings vir laat vanaand Suid-Afrikaanse tyd:
Rugby
Kom ons loer na die bepalings vir dié naweek:
- Kampioenskapsreeks
Die Bokspan vir môre se wedstryd is bekendgemaak.
- Ross Cronjé het van sy enkelbesering herstel en sal op skrumskakel uitdraf. Francois Hougaard is op die bank.
- Pieter-Steph du Toit begin op slot terwyl Franco Mostert ʼn ruskans kry. Lood de Jager is die plaasvervanger.
- Handré Pollard is ook ingesluit op die bank.
- Curriebeker
- Pro14
Netbal
Die Varsitybeker-reeks se vierde ronde word Sondag gespeel.
Gholf
- In die Sonskynreeks is die tweede ronde van die Sun Fish River Sun-uitdaging in die Oos-Kaap voltooi.
- In die Europese reeks staan sake só na die eerste ronde van die Europese Meesters in Switserland.
Motorwedrenne
- Moto GP
Die San Marino Moto GP se hoofwedren word Sondag gejaag. Die voorloper in die kampioenskap, Andrea Dovizioso het die week sy opponent, Marc Marquez, geprys vir sy vermoë om sake tot op die uiterste te neem wanneer die druk hoog is.
Krieket
- Die tweede toets tussen Bangladesj en Australië is afgehandel.
Bangladesj 305 en 157
Australië 377 en 87/3 (15.3 bb, teiken: 86)
Australië wen met 7 paaltjies.
- Engeland en die Wes-Indies Eilande pak mekaar op Lords in die derde en beslissende toets van hul reeks. Die Windies het slegs 123 lopies in hul eerste beurt aangeteken. Aan die einde van die dag het Engeland op 46/4 gestaan.
Marais Erasmus van Suid-Afrika is een van die skeidsregters in dié wedstryd. Dit is sy 100ste-eersterangse wedstryd as skeidsregter.
Kanovaart
In die Wêreld Marathonkampioenskap in Pietermaritzburg het Hongarye gister se kompetisie oorheers en vier goue en drie silwer medaljes ingeoes.
Sokker
- Die tweede been in die halfeindstryd van die MTN8 reeks word die naweek gespeel.
- In die Engelse Premierliga word daar môre 7 wedstryde gespeel.