Rugby
- Die Spelerskeuse se Rugbytoekennings van 2018 is gisteraand gemaak en Malcolm Marx is aangewys as die spelers se speler van die jaar. Marx was ook die voorspeler van die jaar. Aphiwe Dyantyi is as agterspeler van die jaar asook die speler met die meeste vooruitgang aangewys. Die verdediger van die jaar was Pieter-Steph du Toit.
- Suid-Afrika se vier Superrugbyspanne gaan weer in die nuwe jaar hulp ontvang van die Nasionale Afrigtingspan. Die direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sal saam met sy span, Matt Proudfoot, Mzwandile Stick, Jacques Nienaber en Aled Walters, betrokke wees. Dieselfde hulp is ook beskikbaar vir die twee Pro14-spanne.
- Intussen het die Bulls bekend gemaak dat Pote Human die span se Superrugby-afrigter in 2019 sal wees. Alan Zondagh sal die direkteur van rugby wees.
- Stephan Lewies, die slot, gaan hom moontlik by die Lions aansluit vir 2019 se Superreeks.
- Warren Whiteley is gister aangewys as Suid-Afrika se Rugbyspelersvereniging se president.
Sewesrugby
- Verskeie Blitsbokke is tans op die krukkelys en onseker of hulle in die volgende toernooi aan die einde van Januarie in Hamilton sal speel. Muller du Plessis (rug) en Justin Geduld (knie) sal minstens ses weke buite aksie wees. Philip Snyman sukkel met ʼn borsbesering terwyl Werner Kok ʼn operasie aan sy gesig gehad het vir ʼn besering wat hy die naweek opgedoen het. Daar is egter ʼn paar spelers wat hul terugkeer sal maak, naamlik Cecil Afrika, Stedman Gans en Heino Bezuidenhout.
Swem
- Gister was dag een van die FINA Wêreldkampioenskaptoernooi (25 m) in China.
Chad le Clos moes tevrede wees met silwer in die 200 m-vlinderslag. Daiya Seto van Japan het goud gewen en ook Le Clos se wêreldrekord verbeter met ʼn tyd van 1.48.24. Cameron van der Burgh sal vandag in die 100 m-borsslag se finaal in aksie wees.
Gholf
- Die Alfred Dunhill-kampioenskap se syferdrie-kompetisie begin vandag op Leopard Creek naby Malelane. Môre slaan 156 spelers af in die hooftoernooi met ʼn prysgeld van R23 miljoen. Dié toernooi is verlede jaar op ys geplaas deurdat verskeie veranderinge aan die baan op Leopard Creek aangebring is. Van die groot name wat sal speel, is Ernie Els, Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel, Branden Grace en Brandon Stone.
Krieket
- Die tweede toets tussen Australië en Indië begin Vrydagoggend in Perth. Indië loop met 1-0 voor in dié reeks.
- Bangladesj en die Windies het gister in hul tweede eendagkragmeting teen mekaar in Mirpur gespeel. Die Windies het met vier paaltjies gewen.
- Een wedstryd is gisteraand in die Mzansi Superliga
Jozi Stars 239/3 (hoogste telling nóg in die kompetisie)
Tshwane Spartans 138
Jozi Stars wen met 101 lopies.
Vandag
Paarl: Paarl Rocks 14:00 Nelson Mandela Bay Giants
Centurion: Tshwane Spartans 19:00 Durban Heat
Op die jongste punteleer het die Cape Town Blitz reeds sy plek in Sondag se eindstryd bespreek. Vrydagaand sal die kwalifiseringswedstryd, om die ander span vir die eindstryd te bepaal, tussen die tweede en derde plekke gespeel word.
1 Cape Town Blitz 30
2 Jozi Stars 29
3 Nelson Mandela Bay Giants 21
4 Paarl Rocks 17
5 Tshwane Spartans 16
6 Durban Heat 10
Hokkie
- By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië is daar gister twee wedstryde gespeel.
België 5–0 Pakistan
Nederland 5–0 Kanada
Vandag word die eerste twee kwarteindstryde afgehandel.
Argentinië teen Engeland
Australië teen Frankryk
Sokker
- In Eufa se Kampioeneliga is daar gisteraand agt wedstryde beslis.
Schalke 1–0 Lokomotiv Moskva
Galatasaray 2–3 Porto
Liverpool 1–0 Napoli
Barcelona 1–1 Tottenham Hotspur
Monaco 0–2 Borussia Dortmund
Club Brugge 0–0 Atlético Madrid
Crvena Zvezda 1–4 Paris Saint-Germain
Internazionale 1–1 PSV
- Vier wedstryde is gister in die plaaslike Premierliga gespeel:
Polokwane City 2–2 Highlands Park
Mamelodi Sundowns 0–0 Baroka FC
Free State Stars 1–3 Olando Pirates
Cape Town City 1–1 Chippa United
hopelik gaan die bokke se verdedigings en agterlyn afrigters niks te doen he met super rugby se afrigting nie, want die bokke kan oor niks in daardie afdeling spog nie! inteendeel, dalk moet daardie twee afrigters by die suprlige spanne gaan leer! En iemand moet tog net vir Erasmus vertel waar hy vir Jan Serfontein in die hande kan kry!! GROOT ASSEBLIEF!!!!!