Die Blitsbokke het aan die sesde been van die Wêreldreeks in Kanada deelgeneem. Die Bokke het boaan groep A geëindig en in die kwarteind teen die gasheerland gespeel. Die Bokke was baas met 36-7. In die halfeind het ons die VSA geklop met 14-10. Suid-Afrika het egter vasgeval in die eindstryd teen Engeland en is met 19-7 geklop. Fidji het derde geëindig en die VSA vierde.
Superrugby
Die naweek se uitslae lyk so:
Varsitybeker
Vandag se bepalings lyk so:
Sesnasiessugby
Drie wedstryde is die naweek gespeel: Engeland het sy 18de agtereenvolgende oorwinning behaal wat die All Blacks se wêreldrekord ewenaar.
Internasionale krieket
Die eerste toets tussen die Proteas en Nieu-Seeland in Dunedin het onbeslis geëindig nadat reën die laaste sê op dag 5 gehad het.
In die eerste toets in Galle het Sri Lanka vir Bangladesj met 259 lopies geklop.
Sri Lanka 494 & 274/6v
Bangladesj 312 & 197 (teiken: 457)
In die derde T20-wedstryd tussen Afghanistan en Ierland het die Afghane met 28 lopies koning gekraai.
Afghanistan 233/8 (20 bb)
Ierland 205 (19.2/20 bb)
Plaaslike krieket
In die Momentum-eendagreeks is daar gister twee wedstryde gespeel.
12 Cape Cobras v Warriors Warriors wen met 90 lopies
12 Knights v Titans Knights wen met 111 lopies
Gholf
In die Europese reeks is die Indiese Ope gister voltooi.
In die VSA het die Valspar-kampioenskap op Innisbrook in Florida ook ten einde geloop.
Fietsry
Die 40ste Kaapstad-fietswedren (Cape Town Cycle Tour) is gister in die Kaapse skiereiland afgelas weens sterk wind.
Sokker
In die Engelse FA-beker is daar drie kwarteindronde-wedstryde voltooi.
Tottenham Hotspur 6-0 Millwall
Arsenal 5-0 Lincoln City
Middlesbrough 0-2 Manchester City
Vanaand speel Chelsea teen Manchester United op Stamford Bridge om 21:45.
Op die plaaslike sokkerfront is verskeie Nedbankbekerwedstryde afgehandel en van die uitslae lyk so:
EC Bees 1-3 Orlando Pirates
Days FC 2-5 Mbombela United
Golden Arrows 3-1 Maritzburg United