Die Statebondspele in 2022 sal nie meer in Durban plaasvind nie en dit lyk of die eer nou Liverpool te beurt kan val. Die massiewe finansiële impak word verskaf as die grootste rede vir die verwikkeling. Die Statebondspele-federasie het gister gesê Durban het verskeie riglyne nie nagekom nie.
Sewesrugby
Ná die sesde been van die Wêreldreeks in Kanada staan sake so op die punteleer:
- SA 126
- Engeland 103
- Fidji 100
- NS 84
- VSA 67
Daar bly nog vier toernooie oor in die Wêreldreeks met Hongkong en Singapoer wat vroeg in April aan die beurt kom.
Superrugby
Die jongste puntestand in die SA groep lyk so:
Die Sharks sal vir nagenoeg agt weke sonder kaptein Pat Lambie moet klaarkom nadat hy ʼn rugwerwel gebreek het.
Varsitybeker
Gister se uitslae lyk so:
FNB UCT 12-40 FNB UJ
FNB CUT 38-43 FNB NWU-Pukke
FNB Shimlas 19-65 FNB UP-Tuks
FNB Wits 30-20 FNB Madibaz
Sesnasiesrugby
Op die jongste punteleer staan sake so:
Op die jongste Rugbywêreldranglys het Suid-Afrika na die 7de plek gedaal, die laagste sedert die instelling van die ranglys in 2003. In Mei word die loting vir die 2019-Wêreldbeker gedoen en die ranglys word ook daarvoor gebruik.
- NS – 94.78
- Engeland – 91.02
- Australië – 86.35
- Ierland – 83.18
- Skotland – 82.18
- Wallis – 82.16
- SA – 81.79
Internasionale krieket
Die tweede toets tussen die Proteas en Nieu-Seeland begin Donderdag in Wellington.
Môre begin die tweede toets tussen Sri Lanka en Bangladesj.
Plaaslike krieket
In die Momentum-eendagreeks staan sake so op die punteleer:
Gholf
Op die jongste Wêreldranglys vaar die Suid-Afrikaners so:
Vrouegholf
Die stryd om die Investec Vrouebeker is die naweek by Millvale afgehandel.
210 – Lee-Anne Pace 68 71 71
212 – Ashleigh Buhai 69 72 71
213 – Nicole Garcia 69 71 73
Sokker
In die Engelse FA-beker is die laaste kwarteindronde-wedstryd gisteraand voltooi.
Chelsea het Manchester United met 1-0 geklop en so deurgedring na die halfeindronde.
Op die plaaslike sokkerfront word daar vanaand een Premierliga-wedstryd gespeel:
Mamelodi Sundowns speel teen Polokwane City in die Lucas Moripe-stadion om 19:30.