Vandag se sportnuus

Ruan Pienaar. Foto: Facebook.

Rugby:

  • Ná ’n geruime tyd oorsee kan die voormalige Springbok-skrumskakel, Ruan Pienaar, Vrydag weer vir die Cheetahs teen die Leeus in Bloemfontein speel. Die 35-jarige nommer nege het op Grey Kollege gematrikuleer en hy het Maandag weer saam met die Vrystaatse span begin oefen. Hy het ’n kontrak van twee jaar met die span onderteken nadat hy onder andere meer as 140 wedstryde vir Ulster gespeel het.
  • Intussen het die Leeus vir Wilhelm van der Sluys nadergetrek om Marvin Orie vir die Cheetahs-kragmeting te vervang. Orie het saam met André Esterhuizen by die Springbokke in Auckland aangesluit.
  • Goue Leeus: Tyrone Green (heelagter), Madosh Tambwe (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Jan-Louis la Grange (binnesenter), Stean Pienaar (linkervleuel), Shaun Reynolds (losskakel), Ross Cronje (kaptein en skrumskakel), Hacjivah Dayimani (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Wilhelm van der Sluys (slot), Ruben Schoeman (slot), Johannes Jonker (stut), Pieter Jansen (haker), Sti Sithole (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Leo Kruger, Jacobie Adriaanse, Reinhard Nothnagel, James Venter, Len Massyn, Dillon Smit, Manuel Rass.

Gholf:

  • Lee Westwood sal sy titel as kampioen van die Nedbank Uitdaagtoernooi verdedig wanneer dié gewilde toernooi op 14 November op Sun City afslaan. Westwood is saam met Ernie Els, Nick Price en David Frost die enigste spelers om die toernooi vir drie keer te wen.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris het gister sy rieme teen Groot Brittanje se Kyle Edmund styfgeloop. Die eindtelling was 6-1 en 6-4 in die Brit se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.