Vandag se sportnuus

Warren Gatland. (AP Photo/Mark Baker).

Rugby:

  • Warren Gatland sal nie vir die vakante All Blacks-afrigterspos aansoek doen nie.

Gatland was die afgelope 12 jaar Wallis se hoofafrigter gewees en het ná die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan afstand van dié pos gedoen.

Volgens Gatland is hy genader om vir Steve Hansen se pos aansoek te doen, maar hy het vriendelik “nee” gesê.

Hy het ’n kontrak met die Chiefs onderteken, terwyl hy ook die Britse en Ierse Leeus gedurende hul toer na Suid-Afrika in 2021 sal afrig.

“Ek is maar ’n bietjie ouderwets en het my reeds tot die Chiefs en die Leeus verbind. Ek sal graag hierdie verpligtinge wil nakom,” het Gatland gesê.

Driekamp:

  • Spanje se Pablo Dapena en Brittanje se Emma Pallant is die eerste wenners van die Challenge Cape Town-driekampkompetisie. Matt Trautman en Annah Watkinson het die beste onder die Suid-Afrikaners gevaar.

Mans-uitslae:

  1. Pablo Dapena (Spanje): 3:46:48
  2. Steven McKenna (Australië): 3:48:14
  3. Matt Trautman (Suid-Afrika): 3:49:44
  4. Kyle Buckingham (Suid-Afrika): 3:52:12
  5. Tim Don (Brittanje): 3:55:49
  6. Bradley Weiss (Suid-Afrika): 3:56:31

Vroue-uitslae:

  1. Emma Pallant (Brittanje): 4:14:51
  2. Annah Watkinson (Suid-Afrika): 4:21:20
  3. Laura Siddal (Brittanje): 4:24:23
  4. Gilian Sanders (Suid-Afrika): 4:38:20
  5. Lauren Cannon (Suid-Afrika): 4:39:59
  6. Vicky van der Merwe (Suid-Afrika): 4:43:20

Krieket:

  • In die Mzansi Superliga speel die Tswhane Spartans môre op SuperSportpark teen die Nelson Mandela Bay Giants.

Dit sal die Spartans se eerste wedstryd in vanjaar se reeks wees, nadat hul kragmeting teen die Durban Heat deur reënweer in die wiele gery is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.