Vandag se sportnuus

AB de Villiers het ’n reuseses met net een hand geslaan. Foto: Cricinfo.

Krieket:

  • Faf du Plessis sal ook daarvan hou om AB de Villiers terug in die Protea-kleure vir aanstaande jaar se T20-Wêreldbeker in Australië te sien.

Mark Boucher, die nuwe Protea-breier, het die afgelope naweek gesê dat hy gemaklik is met die idee om die verwoestende De Villiers weer deel van die nasionale krieket-opset vir die komende mik-en-moker-reeks te kry.

Die 35-jarige sterk kolwer het verlede jaar sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig, maar hy is steeds een van die beste kolwers op die internasionale verhoog.

Du Plessis het bevestig dat samesprekings met De Villiers gevoer is.

“Dit sal nie baie tyd weg van die huis vir AB beteken nie. Die T20-Wêreldbeker is nie té ver weg nie en daar is nie baie voorafgaande T20-wedstryde in die seisoen nie. ’n Gesprek of twee het reeds plaasgevind en die samesprekings sal waarskynlik voortgaan vóór die volgende internasionale T20-reeks begin.

Die Proteas sal in drie T20-stryde teen Engeland gewikkel wees.

  • Intussen is Du Plessis se Paarl Rocks-span die wenners van die tweede Mzansi Superliga toe hulle De Villiers se Tshwane Spartans in die eindstryd in die Paarl geklop het.

Die Rocks het die wedstryd met agt paaltjies gewen nadat die Spartans 147/6 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken het.

Die tuisspan se Henry Davids het die vinnigste vyftigtal van die reeks geslaan toe hy die mylpaal van slegs 22 aflewerings behaal het.

Rugby:

  • ’n Paar voormalige Springbokke sal vir die Sunwolves in die komende Superrugby-reeks uitdraf.

Rudy Paige en JJ Engelbrecht sal by Garth April in Japan aansluit.

Tennis:

  • Spanje se Rafael Nadal sluit 2019 as die voorste manstennisspeler af. Novak Djokovic en Roger Federer is onderskeidelik tweede en derde op die lys.
  • Nadal en Federer pak mekaar op 7 Februarie 2020 in ’n liefdadigheidswedstryd in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J ·

As n AB fan, dink ek dis tyd dat die Proteas begin aanbeweeg, al amper 2jaar later, en nogsteeds hammer jul op hom. SA het baie spelers wat hand opsteek. Dan wonder julle hoekom spelers Kolpak kies.

Kroela ·

@J, ek stem 100% saam. Die dae van AB as internationale speler is verby . Hoe wil hulle n span bou, maar terselle tyd vasklou aan AB, Steyn, Morkel en Amla?

BB ·

Boucher se eerste ding moes wees om Faf van kapteinskap af te skrap. Markram terug te pos club level toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.