Vandag se sportnuus

Duane Vermeulen. (Foto: GB Jordaan).

Rugby:

  • Die Springbokke het presies sewe maande gelede die Webb Ellis-trofee vir die derde keer omhoog gehou toe hulle Engeland met 32 – 12 in Japan geklop het.

Die Bokke se klipharde agtsteman, Duane Vermeulen, is as die speler van die wedstryd aangewys en talle ondersteuners voel dat hy ook ’n belangrike leierskaprol in die span vertolk het.

Die wêreldkampioen-span sou in die komende maand toetse teen Skotland en Georgië gespeel het, maar weens die Covid-19-pandemie is dié wedstryde afgelas.

Wêreldrugby se ranglys:

  1. Suid-Afrika (94,19)
  2. Nieu-Seeland (92,11)
  3. Engeland (88,41)
  4. Ierland (84,91)
  5. Frankryk (82,73)
  6. Wallis (82,64)
  7. Australië (81,90)
  8. Skotland (80,68)
  9. Japan (79,28)
  10. Argentinië (78,31)

Krieket:

  • Engeland se krieketraad het die Britse regeringsbesluit verwelkom dat krieket agter geslote deure mag voortgaan.

“Ons is opgewonde ná Saterdag se aankondiging wat krieket agter geslote deure aanmoedig,” het die raad in ’n verklaring gesê.

Die Wes-Indiese Eilande, sowel as Pakistan, moet in die komende maande na Engeland toer.

Die toetse sal na verwagting in Manchester, Southampton en Birmingham gespeel word, terwyl Londen – waar die meeste Covid-19-gevalle is – vermy sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.