Die Volvo XC40 is in April 2018 in Suid Afrika bekendgestel. Sedertdien is daar 346 eenhede verkoop, ʼn goeie aantal vir die eerste vyf maande. Die XC40 is Volvo se kleinste sportnutsvoertuig en het tot nou slegs viersilinder-binnebrandenjins gehad.
Die splinternuwe 1.5-driesilinderenjin is die eerste driesilinder in die maatskappy se 91 jaar lange geskiedenis. Dieselfde modulêre benadering as wat met Volvo se Drive-E-enjins gebruik word, is hier toegepas. Die enjin is nou beskikbaar met ʼn 6-spoed-handrat, en sal later met ʼn 8-spoed-outo beskikbaar wees.
Dié enjin is spesifiek ontwerp om later van tyd te integreer met Twin Engine- inprophibridiese motors. Die T3 bied 115 kW en 265 Nm, indrukwekkend vir so ʼn klein kapasiteit enjin.
Die reeks lyk nou só:
XC40 T3 handrat Momentum | 115 kW/265 Nm | 6.2 ℓ/100 km | R486 500 |
XC40 T3 handrat Inscription | 115 kW/265 Nm | 6.2 ℓ/100 km | R518 200 |
XC40 T3 handrat R-Design | 115 kW/265 Nm | 6.2 ℓ/100 km | R525 300 |
XC40 D4 Geartronic AWD Momentum | 140 kW/400 Nm | 5.1 ℓ/100 km | R599 000 |
XC40 T5 Geartronic AWD Momentum | 185 kW/350 Nm | 7.2 ℓ/100 km | R605 300 |
XC40 D4 Geartronic AWD Inscription | 140 kW/400 Nm | 5.1 ℓ/100 km | R630 700 |
XC40 T5 Geartronic AWD Inscription | 185 kW/350 Nm | 7.2 ℓ/100 km | R637 000 |
XC40 D4 Geartronic AWD R-Design | 140 kW/400 Nm | 5.1 ℓ/100 km | R637 800 |
XC40 T5 Geartronic AWD R-Design | 185 kW/350 Nm | 7.2 ℓ/100 km | R644 100 |
Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/100 000 km-waarborg en omvattende instandhoudingsplan.
Net jammer daar is nie ‘n kleiner prys nie.