Wen ʼn Toyota Hilux in die Legendariese Laaibakkompetisie

Virseker en kykNET is alombekend vir hul passie vir Afrikaans en eersteklas aanbiedinge soos Boer Soek ʼn Vrou, Toks & Tjops en die Virseker Beker, so wanneer dié twee kragte saamspan om ʼn prys weg te gee, kan jy maar wéét: dis groot, lekker… en legendaries!

Hiérdie Januarie is geen uitsondering nie. Met Virseker en kykNET se Legendariese Laaibakkompetisie staan jy ʼn kans om 2020 op die perfekte noot af te skop en die nuwe jaar in styl in te ry, met ʼn splinternuwe Toyota Hilux 2.8 GD6 Legend 50-dubbelkajuitbakkie ter waarde van R584 900.

Dié vuurwa spog met ʼn meer aggressiewe ontwerp, 18 duim-sierwiele en ʼn luukse binneruim, afgewerk in swart leer met blou stiksel en chroom detail.

Dit het ook sleutellose toegang en ʼn opgeknapte, geïntegreerde inligtingstelsel met ʼn 8 duim-skerm en navigasiestelsel as standaard.

Die Hilux is ook ver meer as “net ʼn mooi gesiggie”: ʼn behoorlike werkesel met ʼn allemintige 130 kW se kraguitset en 450 Nm se wringkrag, swaardiens bakseiltjie, laeprofielsleepstang, sowel as LED-ligte en dagligte as standaardtoerusting.

Dis maklik om in te skryf. Klik hier en staan die kans om dié legendariese bakkie te wen. Die kompetisie sluit 31 Januarie 2020 om middernag.

Bepalings en voorwaardes is op www.virseker.co.za beskikbaar.

Virseker. Jou versekering. Jou mense. Jou taal.

Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde versekeraar en finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354), Enige verwysing na “ons”, “met” en “deur” verwys na Auto & General.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.