Barbie, wat vandeesmaand 56 jaar gelede bekend gestel is, kan binnekort dalk self gesels en gesprekke voer.
Teenstanders poog egter om dié pratende weergawe van die ikoniese pop uit kinderhande te hou.
Mattel beplan om Hello Barbie teen Kersfees vry te stel. Só werk die pratende pop: druk die knoppie op haar gordel en praat in die mikrofoon wat in haar halssnoer versteek is. ʼn Kunsmatige-intelligensie-stelsel prosesseer en analiseer die gesprek in die Wolk en ʼn reaksie word dan teruggestuur na die pop.
Intussen het die Campaign for a Commercial Free Childhood egter ʼn aanlynpetisie opgestel waarin Christopher Sinclair, die uitvoerende hoof van Mattel, versoek word om die vervaardiging van die speelding te staak. Josh Golin, een van die direkteurs van CCFC, hou vol kinders voer intieme gesprekke met poppe en openbaar baie meer inligting as wat hulle ooit net met ʼn app sou doen. Hierdie inligting word gevolglik ook in die Wolk gestoor.
Ouers stem hoofsaaklik saam met CCFC en meer as 5 400 ouers het reeds hul steun toegesê aan die organisasie teen Hello Barbie.
Lees meer: CCFC
‘ N Pop wat terug praat! Dit klink soos ‘n nagmerrie.
‘ N Pop wat terug praat! Dit klink soos ‘n nagmerrie.