Die oud-Springbokspeler en televisie-aanbieder Toks van der Linde en sy vriendin, Carol Avenant, is verloof.
Die aanbieder het dié nuus op sosiale media gedeel.
“[Ek is] so gelukkig,” het hy op sosiale media laat hoor. “Dankie vir almal se mooi boodskappe, ek en Carol is baie dankbaar.”
Die paartjie het by die Protea Hotel in Knysna verloof geraak.
Volgens ʼn Facebook-inskrywing wat die rugbyliefhebber vroeër vanjaar gemaak het, is hy en Avenant sedert April vanjaar in ʼn verhouding.
Dié twee koer behoorlik oor en weer op sosiale media met foto’s wat liefdevolle boodskappe bevat.
“Is hierdie dame nie pragtig nie? Lief vir jou,” skryf hy by ʼn foto op sy Facebook-blad.
Van der Linde is die aanbieder van die gewilde Toks & tjops-program op kykNET.
baie geluk en alles wat daar mee saam gaan
En ek het nog altyd gedink hy is getroud.
Geluk vrede en baie liefde vir jul en… geseënd in toekoms met dalk ‘n paar sterk gesonde Klein rugbylief Klein mannetjies?. Sterkte vir mooi toekoms.
Sy eerste vrou was Annelise, ek dink van Wolseley as ek reg onthou.
Gaaaaaaaaaaaaaaaaaap
Almal verdien ‘n tweede kans op liefde! Baie geluk, mag julle baie gelukkig wees!