Proe’toria: Beste kos, wyn en vermaak

Daar is nie ’n beter manier om die lente af te skop as met ’n uitstappie wat die hele gesin sal geniet nie.

Suid-Afrika se grootste proe- en vermaakfees, Proe’toria, is terug en hierdie jaar gaan dit nog groter en beter wees as ooit tevore. Nie net kan feesgangers vanjaar uitsien na die beste kos-, lekkerny-, kuns-, bier- en wynstalletjies nie, maar ook na die grootste name in die musiek- en kosbedryf op een verhoog.

Die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin sal op 31 Augustus 2019 die tuiste wees van een van die lekkerste en grootste buitelugfeeste wat Gautengers nóg ervaar het.

“Hierdie jaar beloof om die beste Proe’toria ooit te wees. Oudergewoonte sal daar meer as ’n honderd verskillende kos- en drankstalletjies wees, asook hope vermaak vir die kinders en topklas kunstenaars op die verhoog,” vertel EPH Group se Leon Pheiffer: “Hierdie jaar word daar meer klem geplaas op die ‘proe’ van Proe’toria. Die stalletjie-eienaars gaan so gaaf wees om feesgangers die geleentheid te gee om hulle kos, drankies en lekkernye te proe. ’n Paar bekendes in kosmaakwêreld onder andere die deelnemers van Kokkedoor 3 gaan ook hulle beste kosmaakgeheime op die verhoog kom deel. Daar gaan ook een groot wyntuin wees, waar wynliefhebbers kan saam kuier.”

Wynplase en uitstallers, van reg oor die land, gaan deel wees van dié geleentheid en sluit verskaffers in soos Dors Water, The Java House, The Pizza Wagon, Foodboyz, Mainstream Brewing Company, Lekker Spookasem en vele meer.

Buiten die eet- en drinkgoed, kan die publiek kan ook daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur bekendes soos Dewald Wasserfall, Roan Ash, Demi Lee Moore, Corlea, Touch of Class, Joe Foster, Georgetown, Jemma, Deevah en Karlien van Jaarsveld.

“Dis alles waarvan ons Suid-Afrikaners hou op een plek saamgevat. Lekker eet, lekker drink en lekker vermaak. Sien julle daar,” voeg Ruhan du Toit van Touch of Class by oor die vierde jaarlikse Proe’toria-fees.

Feeshekke maak om 09:00 op die dag oop en die vermaak sal tot 19:00 aanhou. Daar is vier verskillende verhoë hierdie jaar, wyntuin, biertuin, kooktuin (met Kokkedoor 3-deelnemers) en dan die hoofverhoog. Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.co.za. Toegang vir kinders onder 12 is gratis. Studente betaal R80. Volwassenes wat nou aanlyn bespreek betaal R150. Op die dag sal kaartjies teen R180 per volwassene by die hek verkoop word. Daar is ook ʼn VIP-opsie beskikbaar teen R550 (slegs aanlyn).

 Proe’toria word trots aangebied in samewerking met EPH Events.

Kom sluit die winter op ’n hoë noot af en bederf jou gesin of vriendegroep met ’n prettige uitstappie wat hulle vir nog baie lank sal onthou. Dit is immers nie elke dag wat jy die kans kry om die beste kos, drank en vermaak op een plek raak te loop nie!

Meer inligting:
Facebook: Proe’toria
Instagram: proetoria_fees
E-pos: [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.