“As jy met vuur speel” se 10 jaar met langspeelplaat herdenk

Foto: Jaco S Venter

Foto: Jaco S Venter

In September 2003 het die vyf Fokofpolisiekar manne al die geld, wat hulle as ekstras verdien het in ‘n Duitse advertensie, gebruik om studio-tyd te bespreek. Hulle het in ‘n Toyota Venture paneelwa geklim het na Impala Park in Boksburg gery.

Hulle het vyf dae saam met Jean Paul De Stefani by sy B Sharp studio spandeer om die 7-snit kortspeler getiteld, As jy met Vuur speel sal jy Brand, te vervaardig. Die lewens van die vyf vriende het vir ewig verander.

As jy met Vuur speel sal jy Brand is in die begin van Desember in 2003 by ‘n stampvol Mercury Live in Kaapstad bekendgestel aan ‘n entoesiastiese gehoor wat die geboorte van ‘n nuwe era in Afrikaans en Suid-Afrikaanse rock aanskou het.

Binnekort sal Fokofpolisiekar ‘n dekade van As jy met Vuur speel sal jy Brand vier met die vrystelling van ‘n beperkte-uitgawe plaatreproduksie van hierdie klassieke kortspeler.

Fokofpolisiekar gaan die lang pad aandurf om hierdie plaat na hulle fans te bring. Die band is besig om aan nuwe materiaal te werk, so aanhangers kan uitsien na ten minste twee splinternuwe liedjies tydens hul optredes.

Hulle sal weer ‘n akoestiese vertoning gevolg deur ‘n hoë volume rock stel aanbied. Die vertoning duur 120 minute en kan nie misgeloop word nie. Altesaam 250 plate, Fokofpolisiekar se Live DVD, Forgive them for they Suck K*k, die boek Biografie van ‘n Bende en ander aandenkings sal te koop wees by die vertonings.

TOER INLIGTING:
Datum: 22 November 2013
Plek: Firkin, Centurion
Adres: Hoek van Hendrik Verwoerd & Embankmentweg
Kontak: Martin – 012 6334213 / 0725839537
Tyd: 21h00
Kaartjies: R80 p/p

Datum: 23 November 2013
Plek: Rockabilly’s Pool Lounge, Edenvale
Adres: Eden Terrace Inkopiesentrum, Terracestraat, Edenvale
Kontak: Michael Nel – 074 587 2486
Tyd: 23h00
Kaartjies: R60 p/p

Datum: 6 Desember 2013
Plek: The Assembly, Kaapstad
Adres: 61 Harrington Street, Cape Town
Kontak: Pierre Coetzee – [email protected] / +27 21 465 7286
Tyd: Deure maak oop om 21h00
Kaartjies: R100 p/p by die deur
Voorverkope: R80 p/p (slegs 200 beskikbaar) vanaf http://www.webtickets.co.za/assembly
Early Bird: R60 p/p (sleg 100 beskikbaar) vanaf http://www.webtickets.co.za/assembly

Datum: 8 Desember 2013
Plek: Barnyard, Parkview
Adres: Shop F92, Parkview Shopping Centre, Corner of Garsfontein Road and Netcare Street
Kontak: 012 368 1555 / [email protected]
Tyd: Doors open18h30 / Start 20h00
Kaartjies: R150

Datum: 9 Desember 2013
Plek: Barnyard, Boksburg
Adres: East Rand Galleria, Northrandstraat, Boksburg
Kontak: 011 823 6933
Tyd: 20h00
Kaartjies: R150 p/p

Datum: 10 Desember 2013
Plek: Barnyard, Vereeniging
Adres: Hoek van General Hertzog & Clubstraat, Three Rivers, Vereeniging
Kontak: [email protected] / 016 454 8388 / Aldo Spies – 083 627 4148 http://www.barnyardvereeniging.co.za/
Tyd: Deure maak oop om 18h00. Vertoning begin om 20h00
Kaartjies: R150 p/p

Datum: 11 Desember 2013
Plek: Barnyard, Cresta
Adres: Shop L205, Cresta Mall
Kontak: 011 478 5300 / [email protected]
Tyd: Deure maak oop om 18h30 / Vertoning begin om 20h00
Kaartjies: R150 p/p

Datum: 12 Desember 2013
Plek: Atterbury Teater
Adres: Daventrystraat 4 (h/v Lynnwoodweg en Daventrystraat), Lynnwood
Kontak: 012 471 1700
Tyd: 20h00
Kaartjies: R150 p/p

Datum: 13 Desember 2013
Plek: Arcade Empire, Pretoria
Adres: 256 The Highwaystraat, Equestria
Kontak: Robert – 072 020 6120
Tyd: 23h00
Kaartjies: R60 p/p

Datum: 14 Desember 2013
Plek: Town Hall, Johannesburg
Adres: 66 Carrstraat, Newtown, Johannesburg
Kontak: Michael Dey – 079 504 7839
Tyd: 21h00
Kaartjies: R80 per person

Skakels:
Webtuiste
Facebook
Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae