Chris Plakkies, Demi Lee pryk op Top-20

(Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Chris Steyn wat onlangs as wenner van Die Kontrak 3 aangewys is, neem vandeesweek se no. 1-posisie in op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Chris, wat ook nou as Chris Plakkies bekend staan aangesien hy altyd in plakkies te sien is, se enkelsnit, “Helemal”, het verlede week die Top-20 in die derde plek betree.

Demi Lee Moore se nuwe liedjie, “Hart breek”, betree vandeesweek die Top-20 in die vyfde plek.

Daarby maak Eloff se “Vlerke” en Appel se “Buffel van Buffelsfontein” ook vandeesweek ʼn buiging.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, drie nuwe liedjies en 14 liedjies wat hul plekke verloor.

1. Chris Steyn – “Helemal”
2. Die Piesangskille – “Inge 2”
3. Riaan Benadé – “Boksemdais”
4. Die Piesangskille – “Haar naam was somer”
5. Demi Lee Moore – “Hart breek”
6. Juanita du Plessis – “Liewe jinne”
7. Elandré – “Asseblief”
8. Eloff – “Vlerke”
9. Brendan Peyper – “Moegdans”
10. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
11. Appel – “Buffel van Buffelsfontein”
12. Droomsindrooom – “Dans alleen”
13. Appel – “Foute”
14. Barto – “H2Oë”
15. Die Piesangskille – “Lyntjie”
16. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
17. Eloff – “Koue kole”
18. Barto – “Impulsief”
19. Jay – “Stoutgat”
20. Barto – “Slukkie inspirasie”

Nuwe uitreikings:

Martin Bester. (Foto: Facebook)

Die radiopersoonlikheid en sanger Martin Bester het pas weer ʼn nuwe enkelsnit bekendgestel – “Boerepop”.

Die liedjie is deur Martin en Roux Cloete geskryf. Oor die boodskap van die liedjie vertel Martin: “Dit is ʼn goedvoel liedjie vir mense wat weet hoe om hard te werk en dan om lekker hard te kuier!”

Joshua na die Reën (Jacques de Villiers) het in samewerking met Laerskool Thabazimbi die nuwe snit, “Daar is lig”, opgeneem.

Die lied, wat in Afrikaans sowel as Engels en Tswana gesing word, is net betyds vir die feesseisoen uitgereik.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Appel se “Buffel van Buffelsfontein”, Ifde. se “Chiaroscuro”, Schwabie se “Cowboys do cry”, Die Eindste saam met Danie Reënwolf se “Die lig”, Rooibos & Wijn se “Genesis”, Dozi se “Gister is vandag se gewete”, Demi Lee Moore se “Hart breek”, Michael Blignaut se “Hou my jonk”, Hugh Lynn se “Lag”, Leon Gropp se “’n Ander Kersfeeswens”, Van der Aven se “Nooit weer”, Armand Joubert se “Sit op my”, Theo Amstel saam met Stelle se “Soen”, Die Heuwels Fantasties saam met Werner van der Hoven se “Somer in my keel”, Mr Heinz saam met Early B se “Spitbraai”, Lianie May se ‘Tappit”, Kristi Steyn se “Tydmors”, William Wolf se “Vir ewig”, Eloff se “Vlerke”, Pieter Marcato se “Voel”, Henru saam met Dean Gouws se “Mx Afskeid” en Ou Tekkies se “Windverwaaid”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.