Hier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek; die eerste twee plekke is steeds onveranderd, maar Dewald Wasserfall skuif op na die derde plek toe. Daar is weer drie nuwelinge; die liedjies wat uitsak om plek te maak daarvoor, is As ek eendag ophou droom van Juba, Elizma Theron en Nicholis Louw se duet-treffer Sout (Elizma is egter nog op die Top 20 met Trane en Nicholis behoort ook binnekort met sy nuwe treffer, Bring die storm, toe te tree) en Deur U krag van Manne wat Glo. Emo Adams tree vandeesweek toe met Is duidelik, Nadine maak haar verskyning met die titelsnit van haar nuwe album, Skildery en die hoogste nuweling is Eden (op die foto) se Dirty dancing, vanaf hul eerste album in vier jaar. Juanita du Plessis styg sewe plekke met My antwoord en eienaardig genoeg is daar geen snit wat meer as drie plekke daal nie.
- Weier- Riana Nel
- Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
- Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
- As jy hier is- Arno Jordaan
- Ligjare weg- Rinel Day
- Roadtrip- Kaleidoskoop
- My alles- Bobby van Jaarsveld
- Noodlanding- Lianie May
- As ek eendag oud is- Laurika Rauch
- Cowboys en crooks- Kurt Darren
- Waterval- Romanz
- Smag na jou- Len Muller
- My antwoord- Juanita du Plessis
- Richterskaal- Arno Jordaan
- Trane- Elizma Theron
- Jy is my rede- Burgerd en Zita
- Dirty dancing- Eden
- Skildery- Nadine
- Agter op my fiets- Snotkop
- Is duidelik- Emo Adams