Nuwe musiek, uitkyk vir ADAM-mansgroep

ADAM. (Foto: Facebook)

Oor die jare heen het musiekgroep ADAM vir talle treffers gesorg, en ondanks ’n paar veranderinge in die groep, is daar steeds geen einde aan nuwe uitreikings uit hulle kraal nie.

Hulle splinternuwe enkelsnit, “Huurvry”, is uit Christoff de Beer se pen. Hy het in 2020 by die groep aangesluit nadat Reynardt Hugo die groep verlaat het.

“Ek is opgewonde vir julle om te hoor hoe die liedjie klink,” sê Christoff in Maroela Media se ateljee.

Hy en Hugo Ludik, stigterslid van die groep, vertel “Huurvry” is ‘n “kuier-liedjie”.“Afrikaners hou van kuier. Ons kuier op enige plek, by ’n braai, op ’n rugbyveld. Dis ’n liedjie waarmee jy gaan saamsing aan die einde van die aand.

“Ek het die idee vir die liedjie gekry van die Engelse woorde ‘rent free’. Dit gaan oor iemand wat in jou kop bly sonder om huur te betaal,” sê Christoff.

Hugo, een van ADAM se stigterslede, sê dit gaan goed met die groep. Hy erken sy definisie van “goed” het deur die jare van vorm verander, en dat dit vandag vir hom belangrik is om na die emosionele welstand van die groep om te sien.

“Dis soos ’n familie. So lekker soos wat dit sou wees om finansieel goed te doen, is die geluk van jou familie eintlik baie belangriker.

“Ons is op ’n plek waar daar nie struwelinge in die groep is nie. ADAM is op ’n baie goeie plek.”

“Huurvry” is op alle groot digitale platforms beskikbaar. Kyk hier na die musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.