Opwindende nuus vir ‘The Voice’-aanhangers

The Voice SA (Foto: Facebook via The Voice SA)

Laatslapers wat die gewilde M-Net sangkompetisie The Voice SA se tweede reeks misgeloop het, kry nou weer ʼn kans om die gewildste kunstenaars van dié reeks op die verhoog te sien.

Craig Lucas, Josh Ansley, Caroline Grace, Armand Joubert en Johan “Fatman” Brummer sal vanaf 16 September tot 11 November landwyd in ʼn verskeidenheid vertonings vir The Voice Reunited gesien kan word.

Dié 90 minuut lange vertonings beloof om aanhangers onder meer deur die hoogtepunte van die reeks te neem.

Craig Lucas van #TeamKahn het in Julie vanjaar met die gesogte titel weggestap. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van dié gewilde reeks dat sewe deelnemers in die laaste episode meegeding het om die kroon.

Só lyk die skedule vir die groep se landwye vertonings:

  • 16 September – Barnyard-teater, Vereeniging
  • 17 September – Barnyard-teater, Cresta
  • 21 September – The Lyric-teater, Gold Reef Casino
  • 23 September – Barnyard-teater, Rivonia
  • 24 September – The Barnyard at Casterbridge, Witrivier
  • 28 September – Kopanong-ouditorium (Kovsies Kerk), Bloemfontein
  • 1 Oktober – Goldfields Casino, Welkom
  • 4 Oktober – Rio Casino, Klerksdorp
  • 5 Oktober – Aardklop kykNET-verhoog, Potchefstroom
  • 6 Oktober – Weiveld, Pretoria
  • 8 Oktober – Barnyard-teater, Silverstar
  • 27 Oktober – Bravo Lounge, Garden Route Casino, Mosselbaai
  • 28 Oktober – The Barnyard, Plettenbergbaai
  • 29 Oktober – Boardwalk-amfiteater, Port Elizabeth
  • 11 November – Diemersfontein-wynlandgoed, Wellington

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.