Video: Nuwe baadjie vir Ard se dekades oue treffer

Die nuwe verwerking van ‘Shallow Waters’ sluit Suid-Afrikaanse kunstenaars Arno Carstens, Francois Van Coke, Karen Zoid, Kurt Darren en Ross Learmonth in.

Ard Matthews, voorheen van die groep Just Jinjer, het pas ʼn splinternuwe weergawe van die treffer “Shallow Waters” uitgereik.

Dié liedjie vier die 25ste herdenking sedert dit die eerste keer in 1997 die no. 1-posisie op ʼn Suid-Afrikaanse treffersparade bereik het.

Die nuwe verwerking sluit die kenmerkende stemme van die Suid-Afrikaanse kunstenaars Arno Carstens, Francois Van Coke, Karen Zoid, Kurt Darren en Ross Learmonth van die groep Prime Circle in.

Die musiekvideo vir die liedjie is Donderdag op YouTube uitgereik en het reeds byna 20 000 kykbeurte.

Kyk hier na die musiekvideo en laat weet ons wat jy van die nuwe weergawe dink:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.