“Julle ontmoet, raak smoorverlief, verloof en berei julle voor op ’n idilliese lewe saam. Die eerste drie jaar is een lang wittebrood. Dan lui die voordeurklokkie en ’n gros klein jakkalsies daag ongenooid op en begin hulle stadig maar seker in julle huwelik tuismaak. Dinge begin jeuk en krap en die huweliksvlammetjie is in fase drie beurtkrag en julle kom agter geite en giere bring net miere….”
Diaan Lawrenson en haar man, Jody Abrahams, speel in hierdie komiese teaterstuk wat tans op die KKNK te sien is. Volgens die KKNK se webwerf sal die stuk jou goed voorberei as jy op trou staan. Die regisseur en vervaardiger is Leon Kruger Jody het sommer ʼn hand in die stelontwerp ook. Besoek Computicket vir kaartjies.
Toegang R120
Geen o/14
kykNET Hoërskoolsaal, Oudtshoorn
Datums:
26 Maart 09:00
27 Maart 18:30
28 Maart 09:00
29 Maart 13:00
30 Maart 16:00
Moet julle gesigte net nie pers verf nie asseblief!!! Open Stellenbosch sal daaroor kla!!!