Video: ‘Die Gelofte’ beïndruk

Die toneelgeselskap van ‘Die Gelofte’. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Die einde van Die Gelofte se speelvlak het aangebreek en dié indrukwekkende musiekspel is Sondag vir die laaste keer te sien in die AfriForum Teater.

Maroela Media het na afloop van een van die hoendervleisvertonings by van die gehoorlede, onder andere Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van kykNET-kanale, ingeloer om te hoor wat hulle van die produksie gedink het.

“As ’n musiekspel was dit absoluut wêreldklas. Ek wou saamsing met van die liedere, dit was regtig aangrypend,” het Pelser aan Maroela Media vertel.

’n Skooltoer-groep het die hele ent van Mokopane (Potgietersrus), Limpopo, na Pretoria gereis om Die Gelofte te kon sien.

“Dit was ’n ongelooflike voorreg om dit te kon sien en te beleef. Dis werklik ’n ervaring wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie,” het Herman Potgieter, ’n gr. 9-leerling aan die CVO-skool, Mokopane, gesê.

Jannes Erasmus, skrywer en regisseur van die musiekspel, het trots aan Maroela Media vertel dat daar al 39 vertonings van Die Gelofte was, en dat die gehoor met elkeen opgestaan het om aan die einde van die vertoning die akteurs met ’n dawerende applous toe te juig.

“Met elke vertoning was die gehoor op hul voete met die aflê van die Gelofte, én na die vertoning.”

Daar is slegs drie vertonings van die pragproduksie oor en Erasmus hoop dat hierdie laaste paar vertoning, nes al die res, dieselfde reaksie sal kry.

Kyk na die gehoorlede se terugvoer hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.