Die donkerte in ons: Antoinette Louw oor haar rol in ‘Dam’

Antoinette Louw in “Dam” (Foto: Showmax)

Safta-wenner Antoinette Louw (An Act of Defiance, Die Laaste Tango) is in die nuwe Showmax Original DAM te sien, ʼn sielkundige riller wat uitstekende resensies ontvang en gereeld met HBO se The Outsider vergelyk word.

Silwerskerm Beste Aktrise-wenner Lea Vivier (Wonderlus, The Day We Didn’t Meet) is in die hoofrol te sien as Yola, wat van Chili af terugkeer om haar vervreemde pa te begrawe. Tot haar verbasing, en haar suster se irritasie, het hy sy plaas aan haar nagelaat. Maar dit is dalk eerder ʼn vloek as ʼn seën, want dit wil voorkom of dit huis vir haar iets wil sê. Met haar ma in ʼn instansie, en haar eie medikasie wat al hoe minder word, is Yola onseker of die spoke werklik is of dalk net in haar kop.

Antoinette het met Showmax gesels oor haar karakter, Yola se tannie Dora, en die verdraaide, verwronge storie, wat nou op Showmax te sien is.

Jy kan Dam op Showmax kyk en voordeel trek uit ʼn beperkte aanbod: betaal vir een maand se Showmax en kyk drie maande lank verniet. Die aanbod is geldig tot 31 Maart. Klik hier om meer te lees en in te teken »

Vertel ons meer van jou karakter?

Dora se kinderjare het haar hele wese geraak en haar die vrou gemaak wat sy vandag is. Jacob, haar veel ouer broer en iemand wat ʼn sterk leier is, het ʼn baie spesifieke idee van die rol van ʼn vrou in die samelewing. Dora het dit nooit bevraagteken nie. Sy is deel van en ondersteun die patriargale samelewing – selfs wanneer dit tot haar eie nadeel is. Dit is al wat sy ken. Dit is waar sy veilig voel, waar sy gesien word en waar sy tot haar eie reg sterk is. Dit gee vir haar ʼn doel. En sy sal enigiets doen om dit te beskerm.

Hoe voel jy daaroor om ʼn boosdoener te speel? 

Ek het al vantevore antagoniste gespeel, hoofsaaklik in kortflieks, soos Axix Mundi en Voor ek val, wat tans op Showmax te sien is. Dit is beslis die interessantste en lekkerste rolle om te vertolk. Ek benader altyd dié tipe karakters deur hulle kwesbaarhede te vind en myself af te vra wat skort in hul lewens. Dit was ook só met Dora. Niemand is “net goed” of “net sleg” nie, en niemand word met boosheid gebore nie. Ons het almal lig en donkerte in ons.

Hoe sal die gehoor met haar vereenselwig?

Dora is saggeaard en warm, ʼn meisie-langsaan, iemand van wie mense hou en met wie hulle kan vereenselwig. Maar haar goedhartige aard maak haar selfs nog meer gevaarlik. Sy is nie die tipe antagonis waaraan ons gewoond is nie. En dis opwindend.

Vertel ons meer oor jou verhouding met jou medesterre en die span op die stel

Die hele rolverdeling stem saam – ons het nog nooit vantevore só ʼn ongelooflike band tussen die rolverdeling ervaar nie. Dit was wonderlik. Dit was ʼn veilige plek waar ons almal talle persoonlike stories met mekaar gedeel het sonder enige oordeel. Dit is raar en ek sal dié ervaring altyd onthou. Soos Laudo Liebenberg (wat Rudy speel) gesê het, “dit is een vir die boeke”.

Antoinette Louw in “Dam” (Foto: Showmax)

Vertel ons van die oomblikke wat vir jou uitgestaan het tydens verfilming 

Bloedsuiers! Lea en ek moes tonele in die dam verfilm, en wanneer ons uit die water gekom het, was ons bene oortrek met bloedsuiertjies. Ek het nie geweet of ek moet huil of lag nie. En hulle klou omtrent vas! Ek het nooit geweet bloedsuiers kan so hardkoppig wees nie.

Die beste oomblik vir my was toe ons die ritueel verfilm het waar Rudy (Laudo Liebenberg) as die nuwe stamleier ingewy is. Dit is ʼn antieke ritueel en die ligging was magies. Dit was in ʼn ravyn met Khoisan-rotstekeninge. Ek kon die teenwoordigheid van die mense van hierdie grond, ons voorvaders, aanvoel. Ek het hoendervleis gehad.

Wat maak Dam spesiaal of uniek vir Suid-Afrikaanse gehore? 

Dit is ʼn wonderlike en unieke vermenging van ons verskillende Suid-Afrikaanse kulture – en gebruik mites en legendes van hierdie land om ʼn sielkundige riller te skep.

Ons briljante fotografieregisseur, Tom Marais, kon ʼn wêreld skep waar mens die “anderwêreldsheid” ervaar.

Dit was vir my spesiaal om deel te wees van ʼn Suid-Afrikaanse storie waar ons kulture saamkom, terwyl ons mitologie gebruik. Ek is lief daarvoor om Suid-Afrikaner te wees en ek is dol oor mitologie, so twee liefdes het bymekaargekom.

En natuurlik, die ervaring met die rolverdeling. Ons was ʼn groep van gemengde kulture – Zulu, Xhosa, Afrikaner, bruin, Engels. Ons het baie by mekaar geleer oor ons verskillende kulture, dinge wat ons nie geweet het nie. Dit was ontsagwekkend.

Dam en Racheltjie de Beer (hier te sien), waarin jy ook te sien is, maak staat op Suid-Afrikaanse mites en legendes. Wat is die belangrikheid daarvan in hierdie tipe stories?

Mites en legendes is so oud soos die mensdom. Baie wysheid word gedeel wanneer dit oorvertel word. En Suid-Afrika is ʼn skatkis vol verskillende mites en legendes. Maar weens ons vreeslike verlede, is dié mites en legendes nooit gedeel nie. Dis tragies, want dit is deur dié stories wat ons mekaar beter verstaan. Dit skep eenheid. En nou, uiteindelik, ontmoet ons mekaar weer deur dié kragtige formaat van storievertel.

Vertel ons van die gevegstoneel tussen Dora en Yola in die dam?

Uit ʼn akteur se oogpunt was dit eintlik nie ʼn moeilike toneel om te verfilm nie. Alex (ons regisseur) het uit die water uit presies gewys vir ons gewys wat om te doen. Die enigste ongemaklike ding was om so lank in die water te bly. Die water was nogal koud en ons het gebewe.

As jy een karakter as die ‘held’ van die storie kan beskryf, wie sou dit wees?

Vir my is dit Bernoldus Niemand (gespeel deur Neil Sandilands van The Flash en News of the World). Hy was van die begin af my gunstelingkarakter. Hy is grappig en eksentriek. En hy sien dinge wat die ander karakters nie sien nie.

Kyk Dam slegs op Showmax.

Betaal vir een maand van Showmax, kyk drie maande lank verniet

Kry ʼn drie maande lange intekening vir enige Showmax-pakket vir die prys van ʼn een maand-pakket.

Dis 12 weke se vermaak om jou 2021 na ʼn nuwe vlak te neem. Pakkette begin teen R49 vir Showmax Mobile, R99 vir Showmax, R225 vir Showmax Mobile Pro en R449 vir Showmax Pro. Dié aanbod is geldig tot 31 Maart 2021.  Lees meer »

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.