Die Afrikaanse televisiekanaal kykNET het aangekondig dat sy Sondagaand-skedule eersdaags gaan verander.
Een van dié kanaal se gewildste joernaalprogramme, Kwêla, word vanaf Sondag 7 Januarie om 18:00 uitgesaai in plaas van 20:00.
Die formaat en inhoud van die program is onveranderd. Hannes van Wyk, ankeraanbieder van die program, se gewilde gesprekke op die bekende Kwêla-bank sal steeds plaasvind.
Veldaanbieders soos Johnny Davids, Therese Benade-Bam, Minki Joubert, Willem Botha, Pieter Koen en André Weideman sal steeds interessante mense reg oor Suid-Afrika besoek.
“Die nuwe 18:00-tydsgleuf gee kykers die geleentheid om hul Sondagaande rustiger aan te pak,” het Van Wyk gesê.
Kwêla sal oudergewoonte gevolg word deur eNuus om 19:00 en Bravo! om 19:30. In die 20:00-tydsgleuf is ’n nuwe dokumentêre reeks, Oppi Kassie, wat fokus op die geskiedenis van televisie in Suid-Afrika.