Sepiegids: Afvlerk-Birdy terug in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Natasha Sutherland as Birdy in “Binnelanders”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 14 Augustus

Dawid is ontsteld oor ʼn jarelange geheim waarvan hy nou eers uitvind. Uys kry ’n groot, lekker verrassing. Steve en Binneland se penarie veroorsaak drama op alle vlakke.

Dinsdag 15 Augustus

Chiron se perskonferensie vryf sout in Steve se wonde, en Liam wil hê sy pa moet van plan verander. Uys wil baie graag die linnekamer vir iemand wys.

Woensdag 16 Augustus

Delia dink ’n ongelukkige pasiënt is besig om te jok, en Birdy steek haar neus in Karen se sake. Febé kry raad, en Conrad word van omkopery beskuldig. Delia word gewaarsku.

Donderdag 17 Augustus

Naomi sien iets by Danny raak, en Birdy het berou oor wat sy die vorige aand gedoen het. Steve word vir meer tyd gevra.

Vrydag 18 Augustus

Karen probeer bemiddelaar tussen Liam en Birdy te speel, en die druk neem op Steve toe. Die diensrooster veroorsaak groot ongelukkigheid en Naomi-hulle kry ’n nuwe huismaat.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 14 Augustus

Bridgette wag angstig om te hoor of sy vir Vrou van die Jaar benoem is. Justin kry slegte nuus.

Dinsdag 15 Augustus

Brendan is ontsteld dat Charlie vir Carlo gekies het, en die Thuli’s sit vas oor hoe die situasie hanteer moet word. Bridgette is opgewonde oor die kompetisie. Elana word onkant deur Susan se houding gevang.

Woensdag 16 Augustus

Brendan en Carlo se ouers is bekommerd oor hulle vriendskap. Die eerste rondte van die kompetisie skop af. Danni is bekommerd oor die seuns, en danksy Orpa is Siya op die punt om moed op te gee.

Donderdag 17 Augustus

Bridgette sukkel om ’n talent vir die kompetisie se geldinsameling te kry en vang Kate en Bennie met ’n slap riem. Die Danielse meen ’n braai met die Thuli’s sal die seuns help om vrede te maak.

Vrydag 18 Augustus

Die spanning laai tussen die seuns op, terwyl Elana ’n besluit oor haar verhouding met Susan neem. Mymoena en Bridgette woeker met hulle geldinsameling vir die kompetisie, maar wie gaan hierdie eerste rondte wen?

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 14 Augustus

Nina is ’n bol senuwees wanneer die Amerikaanse talentsoeker opdaag. Rose se onsekerheid ontstel Wim. Is Karla die antwoord op ’n familie se probleme?

Dinsdag 15 Augustus

Wim en Rose is rasend van bekommernis oor Nina. Daan is geskok oor ’n ontdekking in Arno se kamer. Jacques vra Rossouw se hulp met Pam.

Woensdag 16 Augustus

Henry verbaas Lettie, terwyl Karla se terugkeer vir Sanet die verkeerde idee gee. Johan se besoek het voorwaardes, en Meghan trek ’n lyn in die sand met Pam.

Donderdag 17 Augustus

Lettie probeer om te red wat te redde is. Sanet en Karla het ’n uitval oor Arno. Die waarheid oor Charity se lewe word deur Johan in twyfel getrek.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 14 Augustus

Ayesha vra Janice om hulp om Langes se arm te draai. Lionel probeer om die leerders om verskoning te vra. Bompie vind meer oor Eddie se verdwyning uit.

Dinsdag 15 Augustus

Lennie en Eva besef hul liefde vir mekaar word al hoe meer volwasse. Beatrice moet besluit of sy met Clint gaan trou, al dan nie. Thabied en Zuleika stem ooreen wat Langes se maskawi (geld vir die bruid) vir Ayesha gaan wees.

Woensdag 16 Augustus

Bompie en sy ouens soek na Eddie se liggaam op die kampterrein waar Eva en Tanner was. Bianca weet nie hoe sy oor haar suster wat wil kom kuier voel nie. Beatrice voel hopeloos en praat met Thys daaroor.

Donderdag 17 Augustus

Bompie sê sy manne moet Eddie se moord ondersoek. Lennie en Eva se liefde blom ná hy haar verras. Daar is onenigheid tussen Langes en Ayesha oor waar hulle moet bly ná die troue. Clint belowe vir ’n hoogs ontstelde Abigail dat hy haar nooit sal verlaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.