Sepiegids: Band tussen Zoe, Nazeem al sterker in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Nazeem en Zoe se band raak al sterker in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 23 Januarie

Stiaan is dalk slimmer as wat hy lyk. Tertius moet vir Annelize se stilswye pleit. Karen stem nie saam met die polisie nie. Lesings verskaf agterdog terwyl Annetjie en Elise erg koppe stamp.

Dinsdag 24 Januarie

Rian en Annelize neem ʼn besluit oor Elise terwyl Stiaan oortuig moet word van samewerking. Naomi en Louis is bekommerd oor Amalia, en Annetjie bepleit haar saak by Conrad.

Woensdag 25 Januarie

Golding en sy manne saai amok in die hospitaal. Annelize en Tertius beland in die moeilikheid by Conrad. Nuus oor Koos laat Gaby uitvaar teenoor ʼn vriendin, en Lexi voel nie lekker nie.

Donderdag 26 Januarie

Die gebeure by die hospitaal gee vir Conrad hoofpyne, terwyl Steve en Ewa vir die eerste keer in ʼn lang ruk weer kontak maak. Lexi se lewe is in gevaar, en iemand betwis At se testament.

Vrydag 27 Januarie

Soekie Kellerman het bewyse wat staaf wie sy is, maar skok ook vir Conrad met ʼn onthulling. Die dokters stry oor wat fout is met ʼn pasiënt, en Steve maak ʼn plan met Ruan en Vicky.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 23 Januarie

Bridgette reik uit na Tim terwyl Wade onverwags ʼn besoeker kry. Linda het ʼn interessante eerste dag in die apteek.

Dinsdag 24 Januarie

Tim wil die fluitjie blaas op die “container mall”, maar Zoe keer verwoed. Bennie skiet al Linda se idees vir ʼn blyplek af terwyl Angie Bianca se naelkrisis oplos.

Woensdag 25 Januarie

Linda vind ʼn nuwe blyplek, maar sy is ongelukkig met Susan se pogings om te help. Wade en Angie sit weer vas terwyl iets skokkends op JPD se nuwe werkperseel gevind word.

Donderdag 26 Januarie

Linda wil bewys sy kan onafhanklik wees terwyl Justin hoop dat Wade nie weer vir Angie gaan val nie. Die band tussen Zoe en Nazeem word hegter.

Vrydag 27 Januarie

Linda het groot planne, en Wade moet mooi kophou met die nuwe verwikkelinge in sy lewe. Zoe se naastes probeer om haar op koers te hou, maar sy het ʼn wil van haar eie.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 23 Januarie

Arno het struikelblokke van sy eie om te oorkom terwyl Nina vir Tshepo tot stilte dwing. Meghan probeer inligting uit Anja kry oor Gys, en daar is spanning tussen die swemmers.

Dinsdag 24 Januarie

Wim en Rose is bekommerd oor Nina. Rossouw vra Anja vir hulp, en Tshepo kan nie langer ʼn wag voor sy mond hou nie. Anja maak oop teenoor Karla.

Woensdag 25 Januarie

Sanet is nie gelukkig met Karla se ultimatum nie. Pam kry koue voete nadat nuwe inligting aan die lig kom, en Lettie gee Henry raad oor wat volgende moet gebeur.

Donderdag 26 Januarie

Karla se nuwe afrigter veroorsaak probleme, en Henry se guns lei tot ʼn ernstige gesprek tussen Arno en Johan. Lettie en Nomsa help Pam met haar voorbereiding.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 23 Januarie

Beatrice en Thys is bekommerd oor Gertie wat vermis word. Nicolene en Xander sit hul romantiese verbintenis voort. Augusta onthul hoe sy vir Parra en Laetitia gevind het.

Dinsdag 24 Januarie

Clint en Karelse bespreek die maniere waarop hulle Xander kan vastrek. Nicolene moet ʼn moeilike keuse maak. Lionel en Ayesha het ʼn betekenisvolle gesprek oor haar verhouding met Langes.

Woensdag 25 Januarie

Xander stel sy plan af om Clint dood te maak met die hoop dat hy nog een laaste aand met Nicolene kan deurbring. Beatrice probeer om meer tyd met Gertie deur te bring.

Donderdag 26 Januarie

Nicolene toon geen berou dat sy iemand doodgeskiet het nie. Thys en Beatrice is bekommerd oor Gertie en vra vir Dominee om in te gryp. Yvette kry ʼn groot bos blomme van ʼn bewonderaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.