Sepiegids: Charity maak oop teenoor Anja in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Johan (Liam Bosman) is bekommerd oor Charity in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 28 Augustus

Uys en Febé sit vas, en Louis en Naomi is bekommerd oor Delia. Iemand dink Danny kort ʼn meisie, en Conrad beskou Steve se brief as ’n belediging. Tertius kry ʼn groot skok wanneer hy die voordeur oopmaak.

Dinsdag 29 Augustus

Dit is ʼn dag vol onthullings en verrassings vir Tracy, Tertius en iemand uit die verlede, en Binneland bied iemand ʼn pos aan. Almal raai Uys aan om op te hou bemiddelaar speel.

Woensdag 30 Augustus

Uys dink Danny maak ʼn oorlas van homself, en Jacques het inligting oor iemand. Steve konfronteer Dawid voor Delia en hy kry die skok van sy lewe.

Donderdag 31 Augustus

Conrad het nuus vir Rian en Steve en ʼn gesprek kompliseer ʼn verhouding nog meer. Uys beraam planne vir Lentedag.

Vrydag 1 September

Steve besluit dit is tyd om daadwerklik op te tree, Febé en Uys spandeer Lentedag saam, en At sien (vir die eerste keer in jare) weer sy kleindogter.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 28 Augustus

Danni kry amper ʼn skriftelike waarskuwing, en Bridgette vind uit Mymoena doen die verstellings aan haar rok. Carlo het genoeg gehad en besluit dit is tyd om wraak te neem.

Dinsdag 29 Augustus

Gaan Carlo te ver met sy plan? Dit is die eindronde van die Vrou van die Jaar-kompetisie. Sal Mymoena of Bridgette wen en sal hulle vriendskap die spanning oorleef?

Woensdag 30 Augustus

Justin en Angie sit nog verder oor die rugbykaartjies vas, terwyl Mymoena ʼn nuwe uitkyk op die lewe kry. Een van Ruiterbosch se inwoners word vermis.

Donderdag 31 Augustus

Die gemeenskap is in skok, terwyl Wade tot uiterstes in die naam van liefde gaan. Die rugbylootjies word getrek en Aiden is uitgeboul oor wie die wenner is.

Vrydag 1 September

Wade se plan werp vrugte af, en Bridgette is oorgehaal om dinge op haar manier te doen. Daar heers groot verligting oor Brendan.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 28 Augustus

Johan is bekommerd oor Charity. Anja en Rose kom bymekaar uit. Tommy is opstandig teenoor Arno omdat hy en Karla saam is. Nina kry skokkende nuus by Karla.

Dinsdag 29 Augustus

Nina sien ’n teer oomblik tussen Wim en Sanet. Anja en Johan soek saam na Charity, terwyl Rossouw ’n nuwe plan met die HPC-grond beraam.

Woensdag 30 Augustus

Daar lê ʼn moeilike pad vir Rose en Wim voor. Charity deel ʼn blik op haar verlede met Anja. Gys is bekommerd oor Meghan se geestesgesondheid.

Donderdag 31 Augustus

Rose vertel vir Wim hoe sy regtig voel. Sanet kry ʼn onverwagse oproep. Rossouw en Anja besef Charity het al diepliggende trauma beleef. Jacques troos Meghan.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 28 Augustus

Almal is stukkend oor die nuus dat Eva haarself aan die polisie oorhandig het. Beatrice deel haar agterdog oor Abigail met Clint. Thys is bekommerd oor Bianca wat so onseker van haarself rondom haar suster is.

Dinsdag 29 Augustus

Janice is onthuts wanneer sy ʼn gesprek tussen Lennie en Brille hoor en uitvind hoe Eva in die tronk beland het. Bianca jok vir Zyla oor ’n romantiese afspraak met Thys. Abigail span Dawn in om teen Beatrice op te tree.

Woensdag 30 Augustus

Beatrice skrik wakker van haar bedwelmdheid. Saartjie is terug in Arendsvlei, en Daniel weet nie hoe om vir Lennie te help nie.

Donderdag 31 Augustus

Bianca is in die verleentheid wanneer sy ontdek haar leuen oor Saartjie se dwelmmisbruik is bekend. Lennie vind uit dat Desmond van hom verwag om Tanner se skuld te betaal. Beatrice vra vir Clint en Abigail om uit die Cupido-huis te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.