Sepiegids: Hartseer babanuus vir Lionel, Janice in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Natalie in ‘Arendsvlei’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 24 Oktober

Danny vat Zee aan oor haar selfvertroue. Inligting kan die sleutel tot oorwinning wees. Dawid rig ʼn waarskuwing aan Annelize, en ʼn “laaste oomblik” kan ʼn kaarthuisie inmekaar laat tuimel.

Dinsdag 25 Oktober

Liam is bekommerd oor sy verhouding met sy pa, terwyl ʼn ernstige gesprek onderbreek word deur ʼn boodskap. Conrad en Annelize praat oor die stand van sy verhouding. Lukas raak ongelukkig.

Woensdag 26 Oktober

ʼn Soen kan die begin of einde van alles wees. Ten spyte van At se woede is Jeremy oorgehaal om hom vas te trek. Naomi weet wat gedoen moet word en waaroor om te swyg.

Donderdag 27 Oktober

Annelize weet hoe om sout in die wonde te vryf, en Liam is bekommerd oor sy aandeel in ʼn plan. Woede is iets wat ʼn mens nie kan beheer nie. Steve vertel Danny van Anoniem.

Vrydag 28 Oktober

Rian vra Delia om ʼn brokkie opwindende inligting stil te hou. Hartseer gebeur nooit in stilte nie, veral nie as Binneland Stereo daarvan bewus raak nie.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 24 Oktober

Tim probeer ’n plofbare situasie ontlont en AB se dag neem ’n onverwagte wending. Siya se emosies gaan met hom op loop, terwyl Nelia toenadering soek by Elana.

Dinsdag 25 Oktober

Kaashifa en Rhafiek wil Kupido speel. Siya maak reg met Danni en Mrs. J dink Anja verdien ook ’n gawe man in haar lewe.

Woensdag 26 Oktober

Elana het ’n vreemde versoek vir Susan, terwyl AB vir die eerste keer in sy lewe nie lus is om te gaan werk nie. Siya maak droog met Danni en dit gee iemand anders hoop.

Donderdag 27 Oktober

Danni en Siya het ’n ernstige gesprek, terwyl Nelia hard probeer om Elana se besluite te aanvaar. AB oorweeg om af te tree, en nog ’n misdaad tref Ruiterbosch.

Vrydag 28 Oktober

Justin is baie ongelukkig oor die situasie met Susan en Elana. Nazeem wil die apteek koop, maar AB wil skielik nie meer aftree nie. ’n Gebeurtenis ruk die Ruiterbosch-gemeenskap.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 24 Oktober

Gys vang sy familie onkant met die onthulling van sy groot droom. Lettie het ’n vermoede wat in Tshepo se lewe aangaan. Anja se verjaardag roep herinneringe op.

Dinsdag 25 Oktober

Henry konfronteer Lettie oor die kos wat sy vir Tshepo gee. Meghan probeer Gys oortuig dat sy nie ’n dofkoppie is nie. Arno deel sensitiewe inligting met Zelda oor Die Swart Marlyne.

Woensdag 26 Oktober

Zelda kry haar plan in werking om vir Gys met ’n slap riem te vang. Gys beleef ’n moeilike dag en Henry doen drastiese stappe om na Tshepo om te sien.

Donderdag 27 Oktober

Meghan word steeds vermis. Karla is oortuig sy het haar toelatingseksamen tot Open View University gepluk. Nina is in die wolke na Johan haar vra om saam hom na die matriekafskeid te gaan.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 24 Oktober

Hein konfronteer vir Natalie oor die veranderinge wat sy in die bakkery aanbring. Rikus is ’n groot teleurstelling en Antie Poppie probeer om iets belangriks vir Janice te vertel.

Dinsdag 25 Oktober

Lionel en Janice verloor hul baba. Lee-Roy en Wes vertrek na Amsterdam om te gaan kyk hoe hulle Ronel kan help. Eva besef dat Rikus by haar aanlê.

Woensdag 26 Oktober

Rikus wil finaal wraak neem. Sal Lennie en Eva hom kan keer? Lionel en Janice verwerk nog hul verlies, terwyl Yvette ʼn groot ontdekking oor Natalie maak.

Donderdag 27 Oktober

Hein en Yvette konfronteer vir Natalie oor haar gekonkelry, maar sy word nie so maklik verslaan nie. Lionel en Ayesha oorweeg die idee van ʼn surrogaatswangerskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.