Sepiegids: Hartverskeurende besluit vir Delia in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Delia in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 28 Februarie

Louis en Conrad ontvang onverwagte nuus, terwyl die spanning tussen Gaby en Ayanda oplaai. Karen se hart – en gedagtes – word opnuut omgekrap deur ʼn interaksie.

Dinsdag 1 Maart

Elton identifiseer ʼn hindernis, terwyl Annelize nie meer alleen in isolasie is nie. Rian ontvang ʼn ontstellende oproep, en Gaby is nie seker of sy ʼn “geheim” moet verklap nie.

Woensdag 2 Maart

Annelize is gefrustreerd met speurwerk, terwyl Gaby se brokkie nuus vir Karen onkant betrap. ʼn Onromantiese verhouding is dalk ʼn moontlikheid, en Ayanda raak bekommerd oor ʼn verpleegster.

Donderdag 3 Maart

Ayanda en At se praatjies val nie op dowe ore nie, en Delia voer ʼn hartverskeurende besluit uit. Chanel se raad laat Elton sleg voel.

Vrydag 4 Maart

Tertius vat Annelize vas oor ʼn pasiënt en Martin se toekomsplanne word onderbreek deur ʼn noodgeval. Danny se toetsuitslae is terug.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 28 Februarie

Samantha benut ʼn geleentheid om verder skade te berokken. Rhafiek is ontsteld wanneer AB hom konfronteer, en Mymoena voel verneder wanneer sy aangespreek word oor haar werksetiek by JPD.

Dinsdag 1 Maart

Justin se onderonsie met Samantha het ernstige gevolge. Yasmeen dink sy weet hoekom Kaashifa so vreemd optree en Ty moet ʼn manier kry om vir Carlo te sê dat hy nie goed dans nie.

Woensdag 2 Maart

Justin probeer die regte ding doen, terwyl Tim met vuur speel. Ty en Wade red die dag, en Rhafiek ervaar erge innerlike konflik.

Donderdag 3 Maart

Wade stel voor dat Justin ook vir ʼn paar dae weggaan. Bennie hoor Carlo wil nie meer aan die kompetisie deelneem nie en Mymoena vind uit wat Rhafiek beplan.

Vrydag 4 Maart

Justin is in ʼn desperate situasie en besef hoe kranksinnig Samantha is. Ty probeer hard om vir Carlo te oortuig om aan die talentkompetisie deel te neem.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 28 Februarie

Lienkie is bang Johan raak verlief op Petro. Lulu moet finaal tussen Simon en Nico kies. Pine het ʼn agtervolger.

Dinsdag 1 Maart

Kristien lees vir Amanda die leviete voor. Lulu sukkel om ʼn nuwe toekoms vir haarself te bou. Die liefde blom tussen Johan en Petro.

Woensdag 2 Maart

Ryno ontmoet Ashton se vriend, Tyler. Johan sing vir Petro die liedjie wat hy vir haar geskryf het. Schalk probeer Pine oorreed om vir Amanda uit te los.

Donderdag 3 Maart

Amanda en Kristien se tweestryd duur voort. Simon en Lulu is by ʼn kruispad. Nesie ontvang nuus oor Petro se ma.

Vrydag 4 Maart

Jana is op Pine se aanvaller se spoor. Buks en Nesie voel magteloos oor Petro. Simon en Lulu verwerk hulle ontmoeting in die park.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 28 Februarie

Beatrice en Thys is bekommerd oor Gertie se toestand. Janice is gegooi wanneer sy vasstel hoekom Antie Poppie hier is en Ingrid begin om vir Angel te manipuleer.

Dinsdag 1 Maart

Ingrid is hard besig om vir Angel en Daniel uitmekaar te hou. Poppie laat vir Lionel goed verstaan hoekom sy in Arendsvlei is. Gertie is weer tuis en orde word herstel.

Woensdag 2 Maart

Gertie neem ʼn groot besluit wat Thys woedend maak. Beatrice en Ayesha nader die polisie oor Denise en Ruby. Lionel kry goeie raad uit ʼn onverwagse oord.

Donderdag 3 Maart

Angel en Daniel het ʼn onderonsie en Ingrid gebruik dit tot haar voordeel. Ruby is stukkend wanneer haar ma in hegtenis geneem word. Thys is geskok wanneer hy sy ma se testament lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.