Sepiegids: ʼn Gevaarlike situasie vir Debra, Langes in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Jacques Bessenger as Nolan in ‘Arendsvlei’. (Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 3 Januarie

Sosiale media laat die kollig op een persoon val. Ilse is nie die enigste een met ʼn geheim nie, terwyl Gaby ʼn belangrike vraag het vir Danny.

Dinsdag 4 Januarie

Musiek is die perfekte pleister vir hartseer, terwyl Annelize vir Naomi onkant vang met ʼn liefdadigheidsprojek. Steve kan nie vir Lexi ʼn rat voor die oë draai nie.

Woensdag 5 Januarie

Danny dink daar is ʼn slang in die gras, terwyl Steve se verlede hom vinniger inhaal as waarop hy voorbereid is. Rian en Tertius probeer hul bes om saam te werk.

Donderdag 6 Januarie

Gaby probeer ʼn plan beraam om haar vrese te besweer, terwyl Steve vir Danny kwalik neem vir sy eie aksies. Annelize moet ʼn erg emosionele verpleegster huis toe stuur.

Vrydag 7 Januarie

Rodney se woorde tref Gaby hard – en dit gaan nie ongesiens verby nie. Annelize wonder hoe Steve se familiedrama hom beïnvloed.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 3 Januarie

Elana kry raad wat haar omkrap, terwyl Susan met harde waarhede gekonfronteer word. Greg word tot die uiterste getoets, en Wade begin met nuwe oë na die wêreld kyk.

Dinsdag 4 Januarie

Bianca kry hulp uit ’n onverwagte oord. Bridgette is besorg dat Donovan se broer te swaar op hom leun terwyl Ty nie tot Wade kan deurdring nie.

Woensdag 5 Januarie

Susan verdedig Elana en dit gee haar hoop, of verstaan Elana haar bedoelings verkeerd? Nazeem is onder druk, terwyl Wade by Kate aanklop vir hulp.

Donderdag 6 Januarie

Elana en Susan se skeisaak neem ’n nuwe wending, terwyl Greg sukkel met onttrekkingsimptome. Wade vra iets onverwags van Ty.

Vrydag 7 Januarie

Bridgette nooi Greg vir ’n braai, terwyl Elana sake finaal met Susan uitklaar. Wade sukkel nadat hy nie kontak met sy oorlede ouers kon maak nie.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 3 Januarie

Maryke beplan ’n verrassingspartytjie vir Bibi se 40ste verjaardag. Nico voel ongemaklik oor Lulu en Simon se vriendskap. Die Griesel-dames wys waarvan hulle gemaak is.

Dinsdag 4 Januarie

’n Ongenooide gas daag by Simon se verjaardagete op. Maryke loop op eiers rondom Bibi. Nesie en haar familie lek hulle wonde.

Woensdag 5 Januarie

Nesie het ’n verrassing vir Buks. Bibi en Maryke is by ’n kruispad. Yvonne is onrustig oor Lulu en Nico.

Donderdag 6 Januarie

Maryke probeer om dinge tussen haar en Bibi reg te stel. Lulu besef sy en Simon kan nie vriende wees nie. Ryno sukkel om weer enkellopend te wees.

Vrydag 7 Januarie

Dis Fafa en sy groep se laaste vertoning in Pottie’s. Simon wroeg oor sy gevoelens vir Lulu. Amanda rig ’n gevaarlike versoek aan Schalk.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 3 Januarie

Langes besef hy sal Eva dringend uit Mario se kloue moet red. Ronel maak ’n besluit oor haar verhouding met Nolan, terwyl die dansspan ʼn nuwe kaptein kry.

Dinsdag 4 Januarie

Langes probeer vir Eva die waarheid omtrent Mario wys. Clint en Beatrice se nuwe lewe is nie so sorgvry soos hulle dink nie. Ingrid sukkel om te fokus op haar verhouding met Lennie.

Woensdag 5 Januarie

Ingrid raak verveeld van haar normale lewe en begin soek na opwinding. Nolan gee voor dat hy beter is, maar Daniel maak vir Ronel agterdogtig oor Nolan se vordering.

Donderdag 6 Januarie

Lennie neem groot besluite. Beatrice en Clint se toekoms lyk rooskleurig. Debra en Langes bevind hulle in ʼn baie gevaarlike situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.