[Video] VIA-gunstelinge ook nou op ShowMax

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

[Promosie-artikel]

Die aanlyn televisiediens ShowMax het Donderdag gesê hy gaan vanaf 20 Oktober nege gunstelingprogramme van die VIA-kanaal aan buitelanders beskikbaar stel, en agt programme aan Suid-Afrikaners.

Izelle Venter, VIA se kanaalhoof, meen dié twee mediums is goeie pasmaats omdat hulle jong platforms is wat konstant op soek is na nuwe maniere om te vermaak.

“Ons glo ShowMax sal nog ʼn plek wees waar mense wat lief is vir ʼn eg Suid-Afrikaanse leefstyl ons sal vind. VIA is een van Afrikaanse DStv-kykers se gunsteling-leefstylkanale.”

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die agt VIA-programme wat op ShowMax beskikbaar gaan wees, is onder meer kos-, styl- en verhoudingsprogramme.

Kykers kan onder meer uitsien na Vrydag 4 uur (Seisoen 1-3), Pasgetroud (Seisoen 1 en 2), Padkos (Seisoen 1 en 2), Driekuns (Seisoen 1), Halfuur met Hanlie (Seisoen 1-3), Die Kliek (Seisoen 1-3), Op pad met Dana (Seisoen 1), Brood en Botter (Seisoen 1) en Kom ons braai (Seisoen 1-3).

Jeanne van Zyl, ShowMax se hoof van Diaspora, sê dié televisiediens is opgewonde om VIA vir intekenaars beskikbaar te stel en nóg meer plaaslike inhoud aan buitelanders te bied.

ShowMax kos R99 per maand in SA en VSA$8,99 aan buitelanders.

Jy kan jou gunsteling-programme op enige rekenaar, slimfoon, tablet en slim-TV kyk.

VIA, DStv-kanaal14, bied drie uur lank vars inhoud elke weeksaand tussen 17:30 en 19:00 en weer tussen 20:00 en 21:00.

Vir meer inligting, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

[fvplayer src=”https://youtu.be/G2qR-Ujz9hg”]

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Digitaal, Televisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae