Doen nou aansoek! Ma se slim plan om kinders van geld te leer

Foto: Shaketha McGregor/Facebook

As jou kinders gereeld by jou kom aanklop vir sakgeld, is dié ma se slim plan dalk jou antwoord.

Shaketha McGregor van Georgia in die VSA het haar plan, om haar kinders meer van geld te leer, op Facebook gedeel en dit het oornag ʼn sensasie geword. Sy sê haar kinders het gereeld by haar geneul om ʼn nuwe selfoon of sakgeld te kry. “Ek het na hulle versoeke geluister en gesê ek sal ʼn groot verrassing gereed hê as hulle van die skool af by die huis kom. Verrassing! Dis ʼn indiensnemingsgeleentheid. As jy dit wil hê, sal jy daarvoor werk en dit verdien!”

McGregor het selfs ʼn persoonlike kredietburo ingestel.

Sy het met ʼn grappige hutsmerk gewonder wie eerste afgedank sou word!

Met dié “indiensnemingsgeleentheid” kan haar kinders aansoek doen vir verskillende “poste” by die huis om sakgeld mee te verdien. Sy het drie poste beskikbaar: ʼn kombuisbestuurder, hoof huishulp en wasgoed-toesighouer.

Sy het ook op die plakkate aangedui waar en wanneer onderhoude gehou sal word en het vorms gedruk wat haar kinders kon invul. Op dié vorms moet hulle hul ervaring invul en aandui of hulle beskikbaar sal wees om oor naweke en in die aande te werk. Hulle moet ook hul vereiste salaris invul en wanneer hulle kan begin.

Met haar “kredietburo” kan die kinders by haar geld leen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fourie ·

Ek wens ek het dit gedoen toe my kinders nog op skool was.

Se maar net ·

wat ‘n oulike idee ;-) ek stem my kind nou te groot hoop ‘n paar mammas leer hieruit ,dis so belangrike lewensles. Wel gedaan mamma

Alida X ·

Ons kinders het van baie jongs af sakgeld gekry.
Hulle moes leer van 10% vir die Here en daarna kon hulle dit gebruik na goeddunke.
Nooit soveel dat hulle daarmee kon mors nie. Hulle moes leer jy kom nie ver as jy alles uitgee nie. Spaar bietjie as jy iets spesifiek wil hê.
Vandag is al 4 finansieël onafhanklik.
Dit is ouers se plig om hulle kinders van finansies te leer. Probleem is baie ouers het dit self nog nie baasgeraak nie. Salaris hou net 2dae en kt-kaarte en rekeninge word hemelhoog gelaai met onnodige dinge.
Geluk aan die ma. Sy is op die regte pad.

Patch ·

‘n Ma so na my hart. Een van my seuns is al byna 4 jaar uit die skool (studeer en bly steeds by ons) en die ander een matriek. Hierdie kan steeds werk in my huis!!! Sal selfs studieverlof vir hulle aanbied. ☺

Ouma van 6 ·

Jy sal dalk die Amerikaanse knders so vang, maar Suid afrikaners is slimmer. Hulle sal se “toesighou en bestuur” beteken dat jy kyk dat die werk gedoen word. Nie self dit doen nie! So op die ou end gaan hulle in elk geval nie werk vir die geld nie!!!

koos1 ·

Ek wonder of hulle ook ‘n “union” in SA sal kry en binne 2 maande sal staak?

Johann cb ·

Hierdie vrou en ma verdien ‘n heerlike vakansie! (En ‘n Bells!) Sy kan gerus hier in Suid-Afrika ‘n arbeidsburo kom open! Die ekonomie sal floreer!

Marinda ·

Very clever Shaketha.
We always taught our children, if you want something, work for it. And you know what? They are grateful for that lesson.
It taught them the value of money, as well as to appreciate and take care of whatever items it was they purchased.

Nog 'n mamma ·

Dis nou ‘n wonderlike idee, my kinders is nog klein…maar gewis iets wat ek gaan prober. So belangrik dat hulle leer waar geld vandaan kom en dat mens moet werk daarvoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.