Kinderliedjie het vrou op hol

Argieffoto (Foto: ktphotography, Pixabay)

Die “onheilspellende” klanke van ʼn kinderliedjie, wat as ʼn afskrikmiddel vir diewe gebruik is, het een vrou vir ongeveer ʼn jaar lank op hol gehad.

Die vrou, van Ipswich in Engeland, het gereeld “It’s raining, it’s pouring” gehoor, maar nie ʼn idee gehad waar dit vandaan kom nie, berig die Ipswich Star. Die vrou het die geluid beskryf as ʼn “blikkerige klank in die verte”.

Die ma van twee het ná maande se onsekerheid uiteindelik plaaslike owerhede ontbied wat die bron opgespoor het by die Farthing Road-nywerheidsgebied. Die klank is intussen sagter gestel.

Die vrou het maande lank die liedjie gehoor wat skielik verdwyn en dan op ʼn dag weer opklink. Die vrou, wat anoniem wil bly, het gesê dit was die mees vreesaanjaende ding toe sy dit die eerste keer gehoor het. “Ek het koud en siek gevoel en gewonder wat op aarde dit kon wees!”

Toe die liedjie Maandagaand omstreeks 23:15 egter weer elke twee tot drie minute begin speel het, het sy die Ipswich Borough-raad gekontak om oor die geluide te kla. Ander inwoners het dit intussen ook aangemeld.

ʼn Raadslid het gaan ondersoek instel en ontdek die geluid kom van luidsprekers by ʼn eenheid in die nywerheidsgebied. Die alarm is opgestel om oortreders te verjaag en ʼn woordvoerder het gesê dit was baie suksesvol, maar hulle was nie bewus van die effek wat dit op die inwoners gehad het nie. Hy het verduidelik die liedjie het herhaaldelik begin speel weens ʼn spinnekop wat homself op die kamera, wat aan die alarm gekoppel is, tuisgemaak het.

Die vrou het Dinsdag bevestig sy kan gelukkig nie meer die liedjie hoor nie, nou dat die alarm ietwat sagter gestel is.

ʼn Woordvoerder van die raad het ingestem die kinderliedjie klink baie onheilspellend “daardie tyd van die nag”.

As die bogenoemde klankgreep nie in jou webblaaier speel nie, kan jy dit hier luister

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johnnie ·

Mooi man dis nou n briljant idee. Ek dink ek moet dit hier probeer ek kyk wat gebeur.

Sputnik ·

‘n Dosent in elektroniese/elektriese ingenieurswese aan die US het blykbaar jare gelede die klank van ‘n toilet wat spoel elke uur of twee in die huis oor ‘n hoëtroustel gespeel wanneer hulle met vakansie weggegaan het. Terselfdertyd het tydskakelaars gedurende die nag ligte in verskillende vertrekke aan- en afgeskakel, alles om die indruk te skep dat daar mense in die huis is. ‘n Gehuurde wag wat die huis langsaan moes bewaak het glo ná die tweede aand geweier om verder daar te werk – hy was oortuig dit spook in daardie huis.

Mientjie ·

Hier sal die inbrekers dink dit spook! Kan goed werk…. Hêhêhê

Casper Labuschagne ·

Klink soos ‘n realiteitsvertoning van die reeks Black Mirror waar die liedjie wat die booswigte die skrik op die lyf moet jaag oor en oor speel omdat spinnekop voor die sensor se oog nesmaak en ‘n entjie verder wonder ‘n huisvrou of sy dalk van haar kop af is omdat dieselfde liedjie maande lank in haar kop speel? Ek ys vir die dag wanneer kunsmatige intelligensie die tegnologiese beheer, dit sal vir ons almal voel asof ons in ‘n surrealistiese nagmerrie rond dwaal.

EP ·

Klink soos liedjie uit ń horror” film. Ek sal ook nagmerries kry??

Ana's ·

By Ons in Thabazimbi is dit weer die gedruen van sjebeen musiek. Jy Kan nooit Kla nie want dit behoort glo aan Polisie.
Dit kerf aan jou sige!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.