Lokprent van die LEGO-fliek

Die lokprent volg onderaan die berig. Warner Bros. het aangekondig dat hy in Februarie 2014 die LEGO Movie gaan vrystel.

Die lokprent van die fliek is Dinsdag amptelik deur Warner Bros. op YouTube gepubliseer. Die rolprent is glo al van 2008 in ontwikkeling by die maatskappy. In 2009 is die aankondiging gemaak dat Dan en Kevin Hageman die draaiboek sal skryf vir ‘n komedie-aksie-avontuur-animasie-rolprent. Phil Lord en Chris Miller is in 2010 aangestel om die rolprent te skryf en die regie daarvan te behartig. Chris McKay, regisseur van Robot Chicken, het ook by die span aangesluit.

Die Australiese maatskappy Animal Logic sal glo die animasie, wat oor sowat 80% van die rolprent strek, behartig.

Will Ferrell, Morgan Freeman, Liam Neeson, Chris Pratt, Elizabeth Banks en Will Arnett is van die bekendes wat deel is van die rolverdeling.

Klik hier om die rolprent se Facebook-blad te besoek.
Klik hier om die rolprent se amptelike webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.