Papegaai eet toe 21 diamante

Frosty en die diamante (Foto: Animal Space Hospital/Facebook)

Frosty, ʼn troetel-papegaai in Bangkok, Thailand, het onlangs op sy eienaar se juwelekissie afgekom en was klaarblyklik verheug oor sy vonds.

ʼn Diamant-halsnoer het die papegaai se oog gevang en Frosty het besluit om die glinsterende stene vir ontbyt te verorber. Teen middagete het die papegaai maar oes gelyk en sy aptyt verloor.

Die voël se eienaar het hom dadelik na die nabygeleë Animal Space-hospitaal geneem vir X-strale. Die veeartse was waarskynlik oorbluf deur die klein kraletjies in Frosty se ingewande.

Ná ʼn operasie van twee ure het die veeartse 21 diamante, elkeen sowat 0,2 karaat groot, uitgehaal.

Dr Kuntita Paveenasakorn het aan Sanook gesê dié tipe papegaai is aangetrokke tot enigiets wat blink. “Ons sien dit gereeld, maar dit is vreemd, want die papegaai het waardevolle diamante ingesluk.”

Die diamante, met skerp kante, het die voël maagprobleme gegee en sou sy ingewande beseer het as die eienaar hom nie dadelik na ʼn veearts toe gevat het nie.

Frosty sterk goed aan en sal na verwagting aan die einde van die maand ontslaan word.

???????? นกเป็นสัตว์ที่ฉลาดมาก และซนมาก บ่อยครั้งที่เจ้าของพามาหาหมอด้วยความซน เพราะไปกินสิ่งที่ไม่ควรกิน ไม่ว่าจะเป็นกระดิ่ง…

Posted by โรงพยาบาลสัตว์แอนิมอลสเปซ Animal Space Hospital on Sunday, June 20, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elinette ·

Wat kan mens nou sê? “Diamonds are a girl’s best friends …”. Of …e… is Frosty dalk ‘n mannetjie?

modiglianigirl ·

Ai, siestog arme Frostie. Ek hoop hy voel vinnig beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.